SA A, In­dië A in kleed­re­pe­ti­sie vir eind­stryd

Beeld - - Sport -

Die her­ont­moe­ting tus­sen Suid­A­fri­ka en In­dië se naas­bes­te krie­ket­span­ne van­dag by Tuk­kies kan al­ler­weë as ’n kleed­re­pe­ti­sie vir die eind­stryd van dié drie­hoe­ki­ge een­dag­reeks be­skou word.

Die gas­heer het sy eer­ste twee wed­stry­de teen In­dië A en Af­ga­ni­stan A al­bei met ’n bo­nus­punt ge­wen, ter­wyl die In­di­ërs reeds twee keer met die Af­ga­ne af­ge­re­ken het.

Hoe­wel In­dië A net 152 lo­pies in die span­ne se eer­ste wed­stryd op die Groen­kloof­krie­ket­veld aan­ge­te­ken het, het SA A ge­sweet om uit­ein­de­lik met twee paal­tjies te wen.

Die tuis­span se twee hot­klou­draai­ers was op hul stuk­ke in die eer­ste twee wed­stry­de.

Aa­ron P­han­gi­so het 4/30 in die eer­ste wed­stryd teen In­dië A laat kan­tel. Ta­braiz S­ham­si het met 4/19 teen Af­ga­ni­stan A in die twee­de uit­ge­blink. – Jo­hann de Jager

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.