Su­per­lug­kas­teel

RAND SE DUN LUG MAAK EL­LIS­PARK ’N. . .

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Die Leeus gaan Sa­ter­dag in die Su­per­rug­by-eind­stryd ge­dra word deur 62 000 fa­na­tie­se on­der­steu­ners. Hul­le gaan te staan kom teen ’n Cru­sa­ders­span wat meer as 13 000 ki­lo­me­ter tot hier ge­vlieg het. En om al­les te kroon gaan die Ki­wi’s moet staan­de bly in die Ho­ë­veld se be­rug­te dun lug.

Ver­al laas­ge­noem­de – die ge­brek aan a­sem wat be­soe­ken­de span­ne laat in wed­stry­de op El­lis­park tref – gaan ’n groot bond­ge­noot vir die Leeus wees, re­ken hul ver­de­di­gings­af­rig­ter, JP Fer­rei­ra.

“Baie men­se lag die uit­wer­king daar­van af, maar daar langs die veld kan jy sien hoe dit la­ter die be­soe­kers uit­mer­gel. Jy moet die klip aan­hou slaan tot­dat hy be­gin breek. Selfs al breek daar­die dam­wal eers in die 76ste mi­nuut, kan dit die ver­skil tus­sen wen en ver­loor be­te­ken.

“Ons moet deur ons pro­ses­se gaan om hul­le moeg te maak. Dit is nie mak­lik om ’n duik­slag uit te voer en dan te moet op­staan en te­rug­val om el­ders nog een te gaan uit­voer nie,” sê hy.

Fer­rei­ra glo ook die in­vloed van die toe­skou­ers speel ’n groot rol.

“Al sit hul­le net in die pa­vil­joen, is dit in­ti­mi­de­rend vir die teen­stan­ders om die see van rooi te sien. Teen die Hur­ri­ca­nes (in die half­eind­ron­de) het hul­le (die toe­skou­ers) ons tree vir tree ge­dra en kon jy sien hoe lig dit ons spe­lers om daar­die aan­moe­di­ging te hoor.

“Daar het Da­ne Co­les (die Hur­ri­ca­nes-kap­tein) vir sy 100ste wed­stryd uit­ge­draf en nie­mand het eens han­de ge­klap nie. Dit vat aan jou as jy die weg­span is,” glo Fer­rei­ra.

“Al doen die toe­skou­ers niks tus­sen die ly­ne nie, speel hul­le tog on­be­wus­te­lik ’n groot rol. Die spe­lers put e­ner­gie daar­uit om daar­die aan­moe­di­ging te hoor.

“Dit was al erg in die half­eind­stryd met net 27 000 toeVir skou­ers daar, hoe­veel meer gaan dit nie wees met ’n vol sta­di­on Sa­ter­dag nie?” sê hy.

Vol­gens Fer­rei­ra is die Cru­sa­ders die Nieu-See­land­se span met die bes­te vas­te fa­set­te en gaan dít die groot be­drei­ging vir die Leeus wees.

Hy het dié me­ning uit­ge­spreek toe hy ge­pols is oor hoe die Cru­sa­ders se aan­slag van die Hur­ri­ca­nes s’n sal ver­skil.

“Selfs van hul voor­spe­lers op die plaas­ver­van­ger­bank is All Blacks en hul­le is nie net baie sterk in die skrums en lyn­sta­ne nie, maar hul dryf­werk is ook uit­ste­kend. Hul­le is ’n span wat die druk kan toe­pas en wan­neer hul­le die ge­leent­heid kry dit in pun­te om­skep.

“Die Cru­sa­ders is ’n baie kli­nie­se span en Sa­ter­dag se eind­stryd sal gaan oor wie die druk die bes­te kan toe­pas – en ook ver­werk. Wan­neer ons be­sit kry, sal ons moet se­ker maak ons be­hou en be­nut dit,” sê Fer­rei­ra.

Vol­gens hom val die Cru­sa­ders, soos die Hur­ri­ca­nes, baie sterk aan van­af eer­ste en twee­de fa­ses, “maar ons het ver­le­de jaar ge­sien wan­neer dit lan­ger as dit gaan, is hul­le nie al­tyd so doel­tref­fend nie. Ons kon in die se­ge in die kwart­eind­stryd ons stem­pel af­druk hoe lan­ger die fa­ses aan­ge­gaan het.”

Die Leeus het die Cru­sa­ders in dié uit­klop­wed­stryd met 42-25 ver­slaan.

“Dit gaan dus vir ons be­lang­rik wees dat ons ons in­di­vi­du­e­le duik­slae die eer­ste keer kor­rek uit­voer en hul­le daar stuit. Ons dis­si­pli­ne moet ook goed wees en daar mag nie straf­skop­pe bin­ne tref­af­stand af­ge­staan word nie,” sê hy.

Fer­rei­ra is die lid van die Leeus se af­rig­ting­span wat die lang­ste deel van die op­set is, na­dat hy hom in 2007 by dié span aan­ge­sluit het. Hy is in dié tien jaar deur hoog­te- én laag­te­pun­te.

“Ek is deur daar­die tyd­perk in 2007 toe ons 15 wed­stry­de in ’n ry ver­loor het en daar­na weer 14 ag­ter­een­vol­gens en waar groot tel­lings teen ons be­haal is. Dit wys jou net as ’n span met net een doel­wit speel, kan jy daar­by uit­kom. Hier­die is ’n klomp ou­ens wat vir me­kaar om­gee,” sê Fer­rei­ra.

Fo­to: CHRIS­TI­AAN KOTZE

Die rol van ’n im­pak­spe­ler soos Faf de Klerk – wat die Hur­ri­ca­nes se O­te­re Black hier grond toe sméér – gaan in die Su­per­eind­stryd van groot waar­de wees, in die dun lug van El­lis­park.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.