Ju­li­an, War­ren brul ag­ter die skerms saam

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Wan­neer hy die Leeus sien speel soos die af­ge­lo­pe Sa­ter­dag teen die Hur­ri­ca­nes, maak dit ek­stra seer om nie saam met hul­le op die rug­by­veld te kan wees nie.

Só sê Ju­li­an Re­de­ling­huys, die S­pring­bok-stut van die Leeus, wie se rug­by­loop­baan in ver­le­de jaar se Cur­rie­be­ker-half­eind­stryd in Bloem­fon­tein teen die Vry­staat-C­hee­tahs met ’n erns­ti­ge nek­be­se­ring kort­ge­knip is.

“Ek sal nooit hoop ver­loor dat ek nog een­dag weer kan speel nie, al sê die dok­ters vir my daar­die hoop is maar baie skraal en re­ken hul­le my speel­dae is ge­tel,” sê die 27-ja­ri­ge Re­de­ling­huys.

Hy swaai sy lin­ker­arm in die rond­te en sê dit voel el­ke dag be­ter en dat hy meer ge­voel in die arm het.

“Dit was baie lek­ker om te sien hoe die ou­ens te­rug­veg teen die Hur­ri­ca­nes en wen, maar ai, dit maak maar seer om nie deel van die ak­sie te wees nie,” sê hy.

Ie­mand wat Re­de­ling­huys se sen­ti­ment sal deel, is die S­pring­bok-kap­tein, War­ren W­hi­te­ley.

’n Lies­be­se­ring in die toets­reeks teen Frank­ryk het sy Su­per­sei­soen in die wie­le ge­ry en hom uit die der­de toets op El­lis­park ge­hou.

hom is dit ook ’n bit­ter pil om nie deel van die Leeus se aan­slag op die ti­tel te kan wees nie. Hy het ver­le­de jaar ook van die uit­speel­stry­de op El­lis­park mis­ge­loop, maar was da­rem te­rug vir die eind­stryd in Wel­ling­ton teen die Hur­ri­ca­nes.

Hier­die keer kon hy nie die wed­loop teen tyd wen nie en as die Leeus as Su­per­kam­pi­oen ge­kroon word, sal dit Ja­co K­riel wees wat die tro­fee lig.

Al is hul plek­ke op die veld leeg, speel W­hi­te­ley en Re­de­ling­huys ag­ter die skerms steeds ’n rol in hul stre­we om as kam­pi­oen ge­kroon te word.

Re­de­ling­huys help met die skrum­werk en hy er­ken dit gaan teen die Cru­sa­ders, met hul All Black-voor­ry, en wat ver­der in die agt­tal ook we­mel van All Blacks, ’n be­lang­ri­ke as­pek van die s­pel wees.

Die Cru­sa­ders het ’n ster­ker skrum as die Hur­ri­ca­nes en die Leeus sal voor ste­wig moet staan om die oor­hand te kry.

Dit is met sy lei­er­skap en ver­moë om die spe­lers te laat fo­kus op die taak wat voor­lê, waar W­hi­te­ley ’n be­lang­ri­ke rol sal speel in die op­bou tot die stryd.

Al is hul­le nie Sa­ter­dag in die vlees daar wan­neer die Leeus op die veld draf nie, sal W­hi­te­ley en Re­de­ling­huys in die gees met hul­le wees.

Fo­to: GALLO IMAGES

Ju­li­an Re­de­ling­huys drink in 2015 uit die Cur­rie­be­ker – en al is hy be­seer hoop hy om Sa­ter­dag ewe in­tiem met die Su­per­tro­fee te raak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.