‘Leeus moet Sa­ter­dag weer soos ’93 se span brul’

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Daar is heel­wat raak­pun­te tus­sen die Leeus wat Sa­ter­dag poog om die Su­per­rug­by­tro­fee te ver­o­wer in die eind­stryd teen die Cru­sa­ders op El­lis­park en die Trans­vaal-span wat in 1993 die Su­per10-ti­tel ver­o­wer het deur Auck­land op die­self­de veld te ver­slaan.

“Die toe­skou­ers het ons daar- die dag deur die eind­stryd ge­dra, net soos hul­le Sa­ter­dag sal moet doen,” sê Ru­dolf S­tra­eu­li, die uit­voe­ren­de hoof van die Leeus, wat ’n plaas­ver­van­ger vir die Rooi­bon­tes teen die Auck­lan­ders was.

“Min van ons ou­ens was toe al S­pring­bok­ke,” sê hy van die span wat deur Fran­cois Pie­naar aan­ge­voer is en twee jaar la­ter die kern van die S­pring­bok­span uit­ge­maak het wat die Wê­reld­be­ker op El­lis­park teen die All Blacks ver­o­wer het.

“Ons het in die eind­stryd teen Auck­land nie eint­lik ou­ens met na­me ge­had nie, maar Kitch (Chris­tie, die af­rig­ter) het ons in ons­self laat glo.

“Teen­oor ons het Auck­land ge­we­mel van All Blacks met na­me soos Zin­zan Brooke, Mi­cha­el Jo­nes, Se­an Fit­z­pa­trick, Ero­ni Grant Fox en Olo Bro­wn.

“Ons het net uit i­so­la­sie te­rug­ge­keer en jy wou jou­self teen die groot na­me van die All Blacks meet. Uli (S­chmidt) se d­rie het ons dié dag baie hoop en ver­troue ge­gee en uit­ein­de­lik het die lug­druk hul­le ge­vang en was ons fik­ser as hul­le.”

Die tuis­span het met 20-17 ge­se­ë­vier.

“El­lis­park was toe ook vir ons ’n ge­luk­ki­ge jag­veld teen ’n Nieu-See­land­se span.

“Die ou­ens was ge­fo­kus en het net een doel­wit voor oë ge­had: om hier­die veel meer ge­roem­de Ki­wi’s te klop. Dit is waar­op die Leeus ook Sa­ter­dag ge­fo­kus sal wees – om ’n span vol in­ter­na­si­o­na­le er­va­ring in die ska­du te steek,” sê S­tra­eu­li.

“El­lis­park sal weer ons bon­dClar­ke, ge­noot moet wees en ’n vol­ge­pak­te sta­di­on sal vir ons soos ’n ek­stra spe­ler wees,” sê hy.

“Daar is ook tal­le All Blacks in die Cru­sa­ders-agt­tal, maar dit is ’n uit­da­ging waar­voor ons nie sal te­rug­deins nie,” sê S­tra­eu­li.

Die Leeus is die e­nig­ste SuidA­fri­kaan­se span wat oor die af­ge­lo­pe twee sei­soe­ne met al vyf Nieu-See­land­se Su­per­span­ne kon af­re­ken.

Fo­to: GALLO

Fran­cois Pie­naar in 1993 met die Su­per10­tro­fee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.