De­ans: Glo­rie wag op Cru­sa­ders

Beeld - - Sport -

Die Cru­sa­ders het die ver­moë om die le­we uit die Leeus te wurg en hul­le só te frus­treer dat die Su­per­tro­fee Son­dag saam met die be­soe­kers op die vlieg­tuig te­rug na Chris­t­church sal wees.

Só sê Rob­bie De­ans, die laas­te Cru­sa­ders­af­rig­ter wat in 2008 Su­per­glo­rie vir dié span kon help ver­werf.

Hy glo ook as die Cru­sa­ders wel die eer­ste span kan word wat die tro­fee wen na­dat hul­le vir die eind­stryd tus­sen Aus­tra­la­sië en A­fri­ka moes reis, sal dit dié se­we­ma­li­ge kam­pi­oen se glo­rie­ryk­ste oor­win­ning nóg wees.

De­ans, wat dees­dae in Ja­pan af­rig, meen die Cru­sa­ders is die e­nig­ste span wat die skiet­goed het om die Leeus op El­lis­park tot oor­ga­we te dwing.

Hy twy­fel of die Leeus uit­ein­de­lik die druk sal kan han­teer wat die Nieu­See­lan­ders op hul­le gaan af­dwing.

Hy gee wel toe dit gaan geen mak­li­ke taak wees nie.

De­ans was aan die s­tuur van die Cru­sa­ders toe hul­le vyf van hul se­we Su­per­ti­tels ver­o­wer het en hy sê dit is ’n u­nie­ke uit­da­ging om in SuidA­fri­ka, en ver­al op die Ho­ë­veld, te speel.

“Daar is groot ge­loof in hier­die span en selfs van die jong spe­lers het al heel­wat er­va­ring. Hul­le weet hul lon­ge gaan brand, maar ek dink nie hul­le skrik daar­voor nie.”

Hy het al die ’Sa­ders se wed­stry­de uit Ja­pan dop­ge­hou en is ge­ïm­po­neer met hul kalm­te en fo­kus.

“Jy kan sien hul­le is reg vir hier­die eind­stryd,” sê hy. – stuff.co.nz

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.