‘Be­kos­tig­baar’ al moei­li­ker, sê bank

Beeld - - Briewe - Mo­tor­re­dak­sie

As dit voel of jou beur­sie el­ke maand knap ná be­taal­dag al leeg­ge­loop het, kan jy net na hier­die be­kos­tig­baar­heids­gra­fi­kas kyk om te sien waar­heen jou geld ver­dwyn.

Vol­gens die voer­tuig­fi­nan­sier­der

Wes­bank raak dit al hoe duur­der om ’n mo­tor op die pad te hou.

Dít on­danks ’n la­er ren­te­koers en ’n ma­tig goed­ko­per pe­trol­prys.

Die nuus gaan oor die vol­gen­de paar maan­de ook nie mak­lik po­si­tie­wer raak nie, sê die fi­nan­sier­der.

Die rand het die laas­te paar we­ke stel­sel­ma­tig ver­swak ter­wyl o­lie­pry­se ver­sterk het.

E­ni­ge wins wat die on­langs aan­ge­kon­dig­de ver­la­ging van 25 ba­sis­pun­te in die ren­te- koers jou dus in die sak ge­bring het, gaan bin­ne­kort uit­ge­wis word.

Wes­bank het ’n breë raam­werk saam­ge­stel van wat dit die deur­snee-huis­hou­ding sal kos om ’n voer­tuig op die pad te hou.

Dit sluit brand­stof, die paai­e­ment, ver­se­ke­ring en in­stand­hou­ding in.

Hier­by word die jong­ste brand­stof­pry­se en ren­te- en in­fla­sie­koers ge­re­ken om by ’n ti­pie­se ge­mid­del­de kos­te uit te kom vir ’n ge­sins­mo­tor wat so­wat

2 500 km per maand af­lê.

Die ge­dag­te is dat ’n mens dié sy­fer moet kan ver­ge­lyk met dié van e­ni­ge an­der maand – selfs in ’n an­der jaar – om te sien of dit mak­li­ker of moei­li­ker is om ’n mo­tor te kan be­kos­tig.

Wat ’n mens ti­pies sien, sê Wes­bank, is dat die kos­te jaar­liks vin­ni­ger as die in­fla­sie­koers toe­neem.

Dit be­te­ken jou sa­la­ris hou nie by met die sty­ging in uit­ga­wes nie.

In­fla­sie was die af­ge­lo­pe twee de­ka­des goed onder be­heer. Die skurk in die ver­haal was die swak rand van die af­ge­lo­pe tien jaar.

Dit het mo­tor­pry­se sker­per laat styg, as­ook on­der­de­le-, ar­beids- en brand­stofon­kos­te.

Dit is ook in­te­res­sant om op te let hoe­dat Suid-A­fri­ka­ners hier­by aan­ge­pas het: Deur lie­wer al hoe min­der geld aan brand­stof te be­stee. Men­se ry dus min­der met hul mo­tor so­dat hul­le die voer­tuig steeds kan be­kos­tig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.