Die Pie­naar­ge­sin se ry­ding was toe ’n . . .

Beeld - - Briewe - Ri­aan van Ee­den, Mon­te Vis­ta

Die fo­to van die Pie­naars en hul mo­tors (27.07) het be­trek­king.

Die feit dat die skry­wer noem dat die per­soon twee Max­wells ge­had het, het my toe so ’n bie­tjie laat Google en al­hoe­wel fo­to’s van Max­well-mo­tors skaars is, is daar tog ’n paar ei­en­skap­pe wat die voor­ste mo­tor dalk ’n Max­well kan maak.

Eer­stens is daar die so­lie­de wie­le en nie meer die hout­spe­ke van die vroeë 20’s nie. Max­well blyk vroeg al dié ti­pe naaf vir sy mo­tors te ge­bruik het. Die lig­te se vorm is ’n an­der oor­een­koms wat die mo­tor op die fo­to het. Dit het ’n taam­lik diep buis-vorm van voor tot ag­ter en was nie ge­rond of ge­punt soos by an­der mo­tors nie.

Dan na­tuur­lik die roos­ter wat son­der e­ni­ge kur­wes aan die bo­kant was, net ’n een­vou­di­ge reg­hoek.

In die mid­del bo was daar dan die Max­wel­l­ken­te­ken, ’n sir­kel waar­bin­ne d­rie py­le na onder ge­punt staan met Max­well wat bo­kant dit ge­skryf staan.

Die voor­buf­fer met sy dub­be­le me­taal­stro­ke, die een bo die an­der, lyk ook na ’n Max­well-ont­werp.

Die ag­ter­ste mo­tor lyk vir my maar baie soos die stoe­re ou Ford­jie. Daar is ti­pie­se Mo­del T-ka­rak­te trek­ke.

T­heuns Bo­tha, Mos­sel­baai

Ek ver­moed die voor­ste mo­tor was ’n 1924-Max­well (die voor­gan­ger van die Chrys­ler-han­dels­naam) en die ag­ter­ste mo­tor wys te min be­son­der­he­de om uit­ge­ken te kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.