Augra­bies­lor­rie laat al­mal steeds kop­krap

Beeld - - Briewe - Wil­lem Da­vel, P­re­to­ria

Na aan­lei­ding van Peet van der Walt se brief (20.07) wil ek graag sy vraag ant­woord. Die voer­tuig wat sy rus­plek onder ’n ka­meel­do­ring­boom ge­vind het, kan net ’n mo­del Di­a­mond T van 1933 tot 1936 wees.

Op Ma­cha­do­dorp, waar ek skool­ge­gaan het, was die skool­bus ’n Di­a­mond T. Ek ont­hou die wie­le van die bus baie goed en hier­die is on­teen­seg­lik die­self­de wie­le.

Ver­der is ek ’n ver­sa­me­laar van ve­te­raan-mo­del­mo­tors en van wat ek op die fo­to’s van die Di­a­mond T sien, kan ek be­slis af­lei dat dit die­self­de mo­tor is.

Nols Pie­naar, P­re­to­ria

Peet van der Walt se voer­tuig in Augra­bies is nie ’n Aus­tin nie, maar die oor­blyf­sels van die voor­kant van ’n voor­oor­log­se (laat 1930’s) In­ter­na­ti­o­nal-vrag­mo­tor.

Dit is die Mo­del C-10, om pre­sies te wees. Dis deur die In­ter­na­ti­o­nal Har­ves­ter Com­pa­ny in C­hi­ca­go, VSA, ver­vaar­dig.

Daar het ja­re lank so ’n een op ons plaas Wel­te­vre­de, dis­trik Co­les­berg (Noord-Kaap), ge­staan. My ou­pa het die trok in die vroeë 50’s aan­ge­skaf maar van die la­ers in die en­jin het in­ge­gee.

Die ou trok is toe op ste­ne onder sy as­te staan­ge­maak waar dit so­wat vyf de­ka­des lank aan die e­le­men­te bloot­ge­stel was tot­dat ons dit so ’n paar jaar ge­le­de aan ’n skroot­ver­sa­me­laar ge­gee het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.