Duster trek ’n stads­jas aan

Beeld - - Nuwe Model - Mar­nus Hat­tingh

Daar is geen die­sel­ge­klet­ter hoor­baar met die aan­ska­kel of lui­er nie.

Toe Re­nault sy klein Duster in 2013 na die mark ge­bring het, was daar me­ni­ge per­soon wat sy kod­di­ge lyf een kyk ge­gee en ge­dink het nee wat, nog ’n po­ging wat gaan mis­luk.

Vier jaar la­ter en die Duster is van die ge­wild­ste klein sport­nut­se op ons paaie. Wat nog in­te­res­san­ter is, is dat 63% van alle Dus­ters die­sel­va­ri­an­te is.

Wê­reld­wyd kon Re­nault al 2 mil­joen Dus­ters van die hand sit, wat heel gaaf vir sy sa­ke­mo­del is. ’n Kom­bi­na­sie van ’n baie bil­li­ke prys, een­vou­di­ge af­wer­king bin­ne en ’n ro­buus­te lyf (’n kort eer­ste rat so­dat jy in moei­li­ke si­tu­a­sies steeds mak­lik kan klou­ter, en ’n 21 cm­grond­vry­hoog­te) be­te­ken jy kry be­slis waar­de vir jou geld.

In Suid-A­fri­ka is daar bo­aan die por­te­feul­je ’n 4x4-mo­del, maar la­er af kry jy slegs voor­wiel­aan­dry­wing, en ’n keu­se van ’n 1.6-li­ter­pe­trol- of ’n 1.5-li­ter­tur­bo­die­sel­en­jin.

Ge­ge­we die mark wat die Duster in die oog het – mees­al Der­de­wê­reld­stre­ke – maak sy een­vou­di­ge me­ga­ni­ka sin. Dit was dan ver­al die kom­bi­na­sie van ’n hand­rat­kas vir al die mo­del­le, ’n goeie grond­vry­hoog­te, ’n ruim bin­ne­ruim en sy eer­li­ke af­wer­king wat hom so ’n ge­dug­te me­de­din­ger op die mark­plein ge­maak het.

Nou het Re­nault ’n nu­we ga­ping ge­sien: Om ’n ou­to­ma­tie­se weer­ga­we te bied, maar nie as ’n top­mo­del nie.

Die top­mo­del bly steeds toe­ge­rus met 4x4-vas­trap. Net onder hom sal jy eg­ter nou ’n ou­to­ma­tie­se weer­ga­we kry, in 4x2-aan­dry­wing en ge­kom­bi­neer met die 1.5-li­ter-tur­bo­die­sel, om ’n heel be­stuur­ba­re klein sport­nuts-al­ter­na­tief te skep.

Die en­jin is on­ver­an­derd. Jy kry 80 kW en 240 Nm wring­krag, maar ge­kop­pel aan die en­jin is die Re­nault­groep se ses­gang- ou­to­ma­tie­se rat­kas, toe­ge­rus met twee kop­pe­laars.

Re­nault se be­mar­kers noem die mo­del die EDC, vir Ef­fi­cient Du­al Clutch, en sui­nig is hy wel. Waar die hand­rat­mo­del ’n ver­bruik­sy­fer van 4,7 li­ter bied, is die ou­to­ma­tie­se mo­del slegs mar­gi­naal swaar­der (4,8 li­ter).

Die koms van die EDC-mo­del het Re­nault som­mer ook die ge­leent­heid ge­bied om die he­le Duster-reeks te ver­nu­we. In die bin­ne­ruim is die in­stru­ment­pa­neel nou met ’n groot raak­skerm toe­ge­rus wat jou nuts­funk­sies huis­ves. Dit be­hels onder meer ’n sat­nav-stel­sel, spoed­be­heer, ’n tru­k­a­me­ra en gon­sers ag­ter.

Op die pad is die klein Duster heel gaaf om te be­stuur. Jy sit hoog ag­ter die s­tuur en sig reg rond­om is goed. Par­keer­werk in smal ruim­tes is mak­lik dank­sy die tru­k­a­me­ra, en in dorps­ver­keer is dit net ’n lig­te druk met die reg­ter­voet om hom van ver­keers­lig na spoed­wal te re­gu­leer. Rat­ska­ke­ling in die pro­ses is ook seep­glad en skaars voel­baar. En om­dat dit ’n dub­bel­kop­pe­laar­rat­kas is, is daar geen van die ge­wo­ne, ir­ri­te­ren­de glip te be­speur as jy ver­snel soos wat jy by ’n tra­di­si­o­ne­le wring­krag­om­set­ter sal vind nie.

Waar­van ek die mees­te ge­hou het, is dat die klank­dem­ping bin­ne die ka­juit werk­lik goed is. Daar is geen die­sel­ge­klet­ter hoor­baar met die aan­ska­kel of lui­er nie. Gee jy vet, gee die en­jin ’n sag­te knor. Bui­te die voer­tuig hoor jy wel dui­de­lik die die­sel­en­jin.

Reg­streek­se me­de­din­gers in dié seg­ment is maar yl ge­saai; slegs die Hyun­dai C­re­ta bied ’n die­sel-en-ou­to­ma­ties-kom­bi­na­sie. Wat en­jin­krag be­tref, is die C­re­ta fris­ser, maar die Frans­man wen ge­mak­lik as dit by ver­bruik en bin­ne­ruim­te kom.

Met sy die­sel­en­jin en ou­to­ma­tie­se rat­kas raak die op­ge­knap­te Duster ’n heel ge­mak­li­ke weg­breek­voer­tuig vir die na­week­kry­ger. Nie te duur nie, lek­ker ruim en met die ge­mak­li­ke rit in die dorp wat jy ver­lang as die ver­keer druk raak. Plus daar­die lae ver­bruik vir ’n 700 km-reik­af­stand op een tenk brand­stof.

Voor­koms ten spyt, het die Duster ons skep­ti­sis­me skoon uit­ge­stof.

■ Prys: Duster 1.5 dCi EDC – R299 900.

Re­nault het sy Duster­reeks op­ge­knap deur klein ver­stel­lings aan die voor­koms (bin­ne en bui­te) te maak, soos die streep LED­lam­pies voor en die die­per sier­roos­ter. Maar die groot­ste nuus is die nu­we ou­to­ma­tie­se rat­kas, wat hom ’n wa­re na­week­sport­nuts maak.

Die sko­ner af­wer­king word oor­heers deur die groot raak­skerm in die mid­del. Leer­sit­plek­ke is op­si­o­neel. Die nu­we ou­to­ma­tie­se rat­kas ska­kel son­der ’n hik­slag oor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.