Golf R – mis­siel met ’n kis­pak

Beeld - - Nuwe Model - Mar­nus Hat­tingh

Dit was ’n dub­bel­door van ’n vuis­hou waar­mee Volks­wa­gen ver­le­de week ge­slaan het. Eers het hy sy nu­we Golf R ge­wys, en toe daar­mee saam die sleu­tels van sy nu­we Golf GTD aan­ge­gee.

Die R het geen be­kend­stel­ling no­dig nie. Dit is die warm­ste “ge­wo­ne” Golf in die reeks met die mees­te me­ga­nie­se krag­toer­tjies tot sy be­skik­king.

Ons sê ge­wo­ne Golf, want spe­si­a­le mo­del­le soos die Clu­bman en Clu­bman S is wa­re nis-i­tems met ’n be­perk­te ge­tal wat te koop is, en boon­op ge­stroop­te voer­tuie ge­rig op ’n ren­baan-er­va­ring, eer­der as die al­le­daag­se ry­goed wat die GTI en R is.

Net soos die GTI ’n maand of twee ge­le­de het die R nou ook ge­baat by die al­ge­me­ne op­knap­ping van die mo­del­reeks. Daar is nou ’n die­per sier­roos­ter, LED-lam­pies by die hoof­lig­te en sil­wer kant­spie­ëls, om en­ke­le op­knap­pings te noem.

Bin­ne­langs kry jy leer­be­kle­de sport­sit­plek­ke, ’n dik stuur­wiel en rooi stik­werk by al die na­te. Blink pe­da­le, “R”-ken­te­kens en ’n groot, pa­no­ra­mie­se son­dak is van die an­der stan­daard­e­le­men­te wat jou Golf van die res on­der­skei.

Die groot­ste ak­sie vind eg­ter maar onder die me­taal­vel plaas. Die R is die e­nig­ste Golf in ons mark wat met die groep se XDS­vier­wiel­aan­dry­wing toe­ge­rus is. Krag gaan dus na al vier die wie­le, per­ma­nent. Die blik­brein wis­sel dit wel af so­dat jy met ’n ma­ti­ge be­stuur­styl meer krag na die voor­wie­le sal kry om brand­stof­ver­bruik te ver­be­ter, syn­de 4x4kop­pe­lings be­kend is daar­voor dat hul­le meer en­jin­krag ver­eis.

Die an­der on­der­skeid van die R is die ho­ër krag­vlak wat sy twee­li­ter­tur­bo bied. Die en­jin is dus een­ders aan die GTI s’n, maar die ki­lo­watt­le­sing is nou van­af die GTI se 169 kW tot

213 kW op­ge­druk. Wring­krag skuif ma­tig op van­af 350 Nm tot 380 Nm.

So, hier is die vleis­braaifeit wat ons die in­te­res­sant­ste ge­vind het: On­danks die ma­ti­ge sprong in wring­krag, reageer en ver­snel die R veel haas­ti­ger as sy GTIstal­ge­noot. Dit is als te dan­ke aan daar­die ek­stra ki­lo­watt, wat nou vir ’n haas­ti­ger, le­wen­di­ger re­ak­sie onder jou reg­ter­voet sorg.

Ma­tig fer­mer ve­ring (ver­stel­baar in d­rie rit­mo­dus­se) smeek vir snoe­ker­ta­fel­glad­de pad­op­per­vlak­ke, an­ders tel jy jou haar­stuk langs die rat­kie­rie op. Die wins? Jy kan met te veel spoed en te min ta­lent in ’n draai in­jaag, die har­de ve­ring sal jou reg­op en op koers hou.

Die sy­fers is dees­dae iets be­son­ders. Stil­staan­de tot 100 km/h ge­skied in min­der as vyf se­kon­des (4.6 sek. om pre­sies te wees). In­rat-ver­snel­ling is net so ket­tie­vrien­de­lik.

Dit maak van die R ’n ge­lei­de mis­siel met ’n aand­pak aan. G’n oor­da­di­ge druk­vler­ke en stre­pe op die deu­re soos sy S­tutt­gart­se me­de­din­ger nie. En ja, al het hy ook nie dié AMG-mon­ster se krag­sy­fers (uit die­self­de groot­te en­jin) nie, kan jy ge­rus wees oor die lang­du­rig­heid van die ma­ti­ger ge­toor­de en­jin onder ge­reel­de, har­de werk.

Die R is duur, maar hy laat jou hard­op lag in el­ke draai – om­dat jy vin­ni­ger as Pac-Man van rig­ting kan ver­an­der.

■ Prys: Golf R – R647 300.

Volks­wa­gen se nu­we snel­trein vir die mas­sas: die Golf R. Rat­wis­se­ling ge­skied met ’n se­wegang­ou­to­kas, am­per so vin­nig soos sy ver­snel­tyd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.