F­ris die­se­loond gee VW se nu­we GTD lek­ker láng be­ne

Beeld - - Nuwe Model -

Saam met die Golf R het Volks­wa­gen ook sy “warm die­sel” na ons wa­ters ge­bring, die Golf GTD.

Die be­mar­king­span van VW noem die GTD die “GTI met ’n die­sel­en­jin”, ’n be­skry­wing wat VW se baad­jie­dra­ers eg­ter som­mer gou een­kant toe ge­skuif het. Ons be­skou hom eer­der as die warm­ste die­sel in die reeks, sê die groep.

Want dit doen ook meer eer aan die GTD. Onder die neus vind jy die groep se be­ken­de twee­li­ter­tur­bo­die­sel, maar nou met ’n ho­ër ki­lo­watt­le­sing (130 kW, 350 Nm) onder die blad (die­self­de ont­wik­ke­ling­staat van die en­jin as wat in die Pas­sat ge­vind word).

Die kom­bi­na­sie sorg vir ’n wit­baad­jie-en-grand tou­rer-er­va­ring, eer­der as die uit­smy­ter by die kroeg. Dank­sy die 130 ki­lo­watt is die ver­rig­ting (ver­snel­ling: 7.4 sek.) nie so flink soos wat jy by die GTI of die R sal aan­tref nie.

Maar daar­die wring­krag is van lui­er­spoed af be­skik­baar in ’n breë en plat pro­fiel tot by 3 500 r/min.

In­rat-ver­snel­ling (7.5 sek. van 80 tot 120 km/h) bied eg­ter ’n lek­ker Mi­ke Ty­son-hou in die kort-rib.

Ver­geet dus die be­mar­kers se GTI-aan­spra­ke – die GTD is ’n ge­mak­li­ke, haas­ti­ge k­naap wat lang treë met goeie ver­rig­ting kom­bi­neer.

Sy sterk­punt, re­ken ek, is sy ge­demp­te voor­koms. G’n druk­vler­ke of sil­wer stre­pe nie. Net net­jie­se al­looi­wie­le, diep lug­skor­te voor en ’n knorklank as jy die voet neer­sit.

Bin­ne die ka­juit is die en­jin tjoep­stil. Jy hoor nie ’n die­sel­ge­dreun nie. Rat­ska­ke­ling (dank­sy die ses­gang- ou­to­ma­tie­se dub­bel­kop­pe­laar­kas) ge­skied ook blit­sig en son­der e­ni­ge en­jin-glip.

Dit sal in­te­res­sant wees om te sien hoe die GTD plaas­lik gaan vaar. El­ke twee­de Golf wat hier ver­koop word, is ’n GTI – die hoog­ste ver­hou­ding ter wê­reld van GTI’s teen­oor ge­wo­ne Golfs. Ons hou van ons ver­rig­tings­mo­del­le.

Die GTD bied eg­ter ’n sag­ter, ge­mak­li­ker aan­slag. Plus, oor­see is daar groot ge­wag ge­maak van die Die­sel­ga­te-skan­daal van 2015. Gaan dit Suid-A­fri­kaan­se ver­ko­pe van die nu­we GTD be­in­vloed?

Ons dink nie so nie. As jy grand tou­rer-ver­rig­ting in ’n klein luik­rug wil hê, is dié jou kans.

Die nu­we Golf GTD kom­bi­neer die VW­groep se warm­ste twee­li­ter­die­sel met ’n GTI­voor­koms. Ons hou van die re­sul­taat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.