Mooi Mi­u­ra pryk by Con­cours

Se­ker­lik die mooi­ste sport­mo­tor van al­mal, laat die Lam­bor­g­hi­ni Mi­u­ra ’n Ja­guar E­Ty­pe soos ’n oor­ge­wig eend lyk. ’n Spe­si­a­le Mi­u­ra word dié na­week by die Con­cours in Sun Ci­ty uit­ge­stal. Mar­nus Hat­tingh ver­tel meer van sy reg­maak­pro­ses.

Beeld - - Ouwiele -

Boks­burg, aan die Oos-Rand, moet se­ker een van die on­waar­skyn­lik­ste plek­ke wees waar jy in ’n pak­skuur ’n skaars, pe­per­duur stuk­kie I­ta­li­aan­se ek­so­ti­ka sal vind. Knys­na, Sand­ton of die Wa­ter­front sou eer­der jou raai­skoot wees.

Maar dis waar Pe­ter Bai­ley saans tot laat aan’t werk is aan sy spe­si­a­le mo­tor­pro­jek, ’n lief­li­ke Lam­bor­g­hi­ni Mi­u­ra S, om be­tyds te wees vir dié na­week se Con­cours vir klas­sie­ke mo­tors by Sun Ci­ty waar sy moet gaan pronk.

Bai­ley is op­ti­mis­ties dat die Mi­u­ra sal ge­reed wees. Dis im­mers ’n pro­jek waar­mee hy al ’n paar jaar lank be­sig is. Maar on­der­de­le vir dié soort voer­tuie is skaars, en duur. So ’n pro­ses is tyd­saam en verg ge­duld en ’n goeie sin vir hu­mor.

Bai­ley sê toe hy die Mi­u­ra ’n de­ka­de ge­le­de ge­kry het, was die mo­tor ba­sies ’n wrak in ’n dui­send de­le. Die neus was weg, die bak­werk vol roes­kol­le en die voor­ruit was nê­rens.

Een ge­luk wat hy wel ge­had het, was dat langs die Mi­u­ra in sy mo­tor­huis daar reeds ’n an­der Mi­u­ra ge­staan het; ’n prag­ti­ge blou weer­ga­we waar­mee hy ge­reeld na­we­ke rond­ry. Die bloue het sy blou­druk ge­word in die re­stou­ra­sie­pro­ses van die flen­ters Mi­u­ra.

Eers is die en­jin (4.0-li­ter-V12) en rat­kas van nuuts af oor­ge­bou. Hier­na is die bak­werk en bin­ne­ruim ge­ta­kel, as­ook die al­ge­me­ne me­ga­ni­ka van die aan­dryf­stel­sel.

Die Mi­u­ra het in 1966 sy ver­sky­ning op die Ge­neef­se mo­tor­skou ge­maak, maar pro­duk­sie het eers vroeg in 1967 op dreef ge­kom. Die eer­ste mo­del was die P400, wie se V12 en 277 kW krag die lig­te een­ton-bak­werk tot 270 km/h kon aan­stoot. Dit was su­per­mo­tor­ter­rein vir daar­die era.

La­ter (1968) het die Mi­u­ra S ge­volg (Bai­ley se weer­ga­we, ’n 1970-mo­del) en nog la­ter ’n war­mer SV-mo­del, toe­ge­rus met ’n bre­ër ag­ter­as en uit­ge­bou­de wiel­boë.

Onder Mar­cel­lo Gan­di­ni se prag­ti­ge bak­werk het Lam­bor­g­hi­ni die V12 reg ag­ter die twee in­sit­ten­des se rûe ge­plaas, met die rat­kas reg onder dit. Dit was des­tyds ’n vreem­de uit­leg, en van­dag nog steeds, maar die doel was om die bak­werk so styf as moont­lik oor die mi­drif en heu­pe te laat span.

Die Mi­u­ra was Gan­di­ni se eer­ste pro­jek wat hy na­mens die I­ta­li­aan­se sti­leer­huis Ber­to­ne ge­doen het. Hier­na het hy ook tref­fers soos die Lan­cia S­tra­tos en Lam­bor­g­hi­ni Coun­tach, die Mi­u­ra se op­vol­ger in 1973, neer­ge­pen.

Slegs 784 mo­del­le is in sy rak­leef­tyd ge­bou, van wie net ’n hand­vol na Suid-A­fri­ka in­ge­voer is. Bai­ley sê in die 1980’s was daar ge­reeld ’n Mi­u­ra by die Kil­lar­ney-ren­baan in die Kaap ge­sien, ter­wyl ’n dok­ter ’n SV in Mo­w­bray, Kaap­stad, be­sit het. Daar was ook ’n SV in P­re­to­ria, maar dié is in 2002 saam met die ei­e­naar na Aus­tra­lië.

Van­dag is sy twee Mi­u­ras die e­nig­ste twee in die land, met ’n der­de een dalk in Knys­na wat deur ’n Eu­ro­pe­se bur­ger as sy va­kan­sie­mo­tor hier ge­stoor word. Want wat is be­ter as ’n sexy I­ta­li­a­ner op ’n lief­li­ke kus­paad­jie?

Het jy ’n eie stuk­kie ek­so­ti­ka wat jy tans be­sig is om te re­stou­reer? Ver­tel ge­rus vir ons, en s­tuur fo­to’s saam, na mhat­tingh @die­bur­ger.com.

Die SA Con­cours vind van mô­re tot Son­dag by Sun Ci­ty plaas. Vir meer in­lig­ting, be­soek die web­werf con­cours­sa.co.za.

Fo­to: MOTORPRESS

Pe­ter Bai­ley se Lam­bor­g­hi­ni Mi­u­ra S wat hy aan’t re­stou­reer is. Die mo­tor was in stuk­ke toe hy dit des­tyds be­kom het.

Die Mi­u­ra was op sy dag een van die vin­nig­ste sport­mo­tors op die pad. ’n Vier­li­ter­V12 het die mo­tor tot 270 km/h aan­ge­spoor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.