Fer­ra­ri wíl wen met Vet­tel

Beeld - - Formule Een - C­har­len Ray­mond char­len­ray@gmail.com

Se­bas­ti­an Vet­tel, lei ’n mens so van die kant­lyn af, het nie net ’n sê by Fer­ra­ri nie, maar ook ’n ou­to­ri­teit wat hom een van die span se groot be­sluit­ne­mers maak.

Fer­ra­ri kon dalk groot geld vir sy diens­te be­taal het, maar nou sit die span met die di­lem­ma dat Vet­tel al­tyd die voor­deel in span­be­slui­te sal kry; on­ge­ag wie sy span­maat is.

Mer­ce­des, op sy beurt, het sy hand ook diep in sy sak ge­steek om Le­wis Ha­mil­ton se diens­te te be­kom, maar die ver­skil is dat Ha­mil­ton weet dat hy nie die spil­punt van die span is nie.

By Mer­ce­des, lei ’n mens af, gaan dit eg­ter meer oor ge­ly­ke kan­se. Al­bei die ja­ers, Ha­mil­ton en Valt­te­ri Bot­tas, moet ’n ge­ly­ke kans om ’n se­ge ge­bied word.

Dis Vet­tel of niks

Vet­tel het Son­dag in die Hon­gaar­se Grand P­rix met die lou­e­re weg­ge­stap en in die pro­ses sy voor­sprong oor Ha­mil­ton tot 14 pun­te ver­groot.

Dit was eg­ter nie ’n hand-in­die-broek­sak-se­ge nie. Hy moes in die laas­te paar rond­tes eers er­ge druk van sy span­maat, Ki­mi R­äik­k­ö­nen, weer­staan voor­dat hy die ge­rui­te vlag kon ont­vang.

Na­dat Vet­tel taam­lik ge­mak­lik vir die groot­ste deel van die ren die voor­tou kon hand­haaf, het sy stuur­stel­sel knap voor die ein­de skie­lik pro­ble­me be­gin gee. Dit het hom da­de­lik onder druk ge­plaas. Sy Fin­se span­maat het hom al­gaan­de be­gin in­haal en dit het be­gin lyk of R­äik­k­ö­nen die ge­vier­de Duit­ser kort voor die wen­streep in­der­daad vir ’n se­ge sou ver­by­steek.

Tog het Fer­ra­ri nie die op­drag ge­gee dat Vet­tel vir sy span­maat op­sy moet skuif nie. On­danks die feit dat hy dui­de­lik vin­ni­ger was en la­ter op sy hak­ke ge­sit het.

Ons af­lei­ding? Ten­sy daar voort­aan iets dras­ties op die baan gaan ge­beur wat Vet­tel ver­hoed om ’n ren te wen, kan R­äik­k­ö­nen maar ’n se­ge op sy maag skryf.

Re­spek vir Mer­ce­des

In teen­stel­ling hier­mee het Mer­ce­des se werk­wy­se bin­ne die span ’n he­le paar goed­keu­ren­de kop­knik­ke ont­vang.

Half­pad deur die ren, toe al die ja­ers vir nu­we ban­de na die kui­pe te­rug­ge­keer het, was die twee Mer­ce­des-ja­ers en­ke­le se­kon­des ag­ter die twee voor­ste Fer­ra­ri’s – met ’n vier­de ge­plaas­de Ha­mil­ton fluks aan’t in­haal op eers Bot­tas en daar­na die Fer­ra­ri’s van R­äik­k­ö­nen en Vet­tel.

Mer­ce­des het ge­volg­lik die be­sluit ge­neem om Bot­tas aan te sê dat hy vir Ha­mil­ton op­sy moet skuif. Die B­rit het e­ner­syds ’n be­ter pas ge­had, maar an­der­syds het hy ook ’n ster­ker po­si­sie op die pun­te­leer. Dus, laat hy vol­uit sy vi­sier op Vet­tel rig.

Maar, daar was ’n stuk fyn­skrif: Sou Ha­mil­ton nie vir Vet­tel kon in­haal nie, moes hy sy p­lek weer aan Bot­tas te­rug­gee.

Ha­mil­ton het die kans aan­ge­gryp en voet in die hoek ge­sit. Maar ver­niet.

Dit was ’n e­nor­me ge­spook om ver­by R­äik­k­ö­nen te kom en toe hy in die laas­te draai van die laas­te rond­te steeds nie ver­by die Fin­se muur kon ry nie, het hy sy voet ge­lig so­dat Bot­tas kon ver­by­kom en die der­de p­lek kon in­neem.

En hier is waar Fer­ra­ri klei­trap. Ja, ons as aan­han­gers weet daar is ’n kam­pi­oen­skap­stryd op die s­pel en dat as R­äik­k­ö­nen nie daar was nie, Ha­mil­ton straks by Vet­tel sou kon ver­by­kom.

Tog gee die Duit­se span sy ja­ers die kans om elk­een sy eie ren aan te pak. Die een gaan nie ’n gro­ter voor­deel ten kos­te van ’n an­der ge­niet nie.

In die ge­heel ge­sien, het Ha­mil­ton dus pun­te aan Vet­tel af­ge­staan, maar so­wel hy as Mer­ce­des het nie min­der van Bot­tas ge­dink om hom van ’n po­si­sie te be­roof nie. En dit in sig­self ver­dien lof.

Met Fer­ra­ri wat met Vet­tel wíl wen, beproef hul­le die span­gees, maar by Mer­ce­des pro­beer hul­le dit da­rem nog be­hou.

Fo­to: REU­TERS

Le­wis Ha­mil­ton vat ’n wye draai in sy Mer­ce­des in die na­week se Hon­gaar­se Grand P­rix. Die B­rit moes met ’n vier­de p­lek te­vre­de wees na­dat hy nie daar­in kon slaag om Fer­ra­ri se Ki­mi R­äik­k­ö­nen in die dood­snik­ke ver­by te steek nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.