Ford­ja­ers keil res op

Beeld - - Formule Een - Mo­tor­re­dak­sie

Een van die be­kend­ste ren­ja­ers in SuidA­fri­ka, die Da­kar-ster Gi­niel de Vil­liers van S­tel­len­bosch, het die af­ge­lo­pe na­week weer be­wys aan­hou­er wen!

De Vil­liers, wat saam met sy plaas­li­ke na­vi­ga­tor, Den­nis Murp­hy, aan die SuidA­fri­kaan­se veld­ren­reeks deel­neem, het Sa­ter­dag sy Toyo­ta Hi­lux-bak­kie waar­mee hy aan die hoogs om­ge­bou­de FIA­klas (Da­kar-bak­kies) deel­neem, in die eer­ste p­lek in die Har­ri­smith 400-veld­ren oor die wen­streep ge­stuur.

De Vil­liers en Murp­hy het so­doen­de die druk op hul span­maats Leeroy Poul­ter en Rob Ho­wie om die stryd in die al­ge­he­le kam­pi­oen­skap ver­hoog en hul­le is nou net se­we pun­te ag­ter die 2016kam­pi­oe­ne en 2017-voor­ja­ers.

Die fo­kus in Sa­ter­dag se veld­ren oor 400 km het eg­ter meer op die stryd tus­sen die “ge­wo­ne” Toyo­ta- en Ford-bak­kies in Klas T vir vier­wiel­aan­ge­dre­we mo­tors met vas­te ag­ter­as­se en en­jins van vier li­ter en gro­ter ge­val.

En net soos in die ver­ko­pe-stryd tus­sen Ford en Toyo­ta in Ju­nie het Ford dié keer ko­ning ge­kraai.

Die twee Ford Ran­gers van die broers Ga­reth Wool­rid­ge en Boyd D­rey­er, as­ook Lan­ce Wool­rid­ge en Ward Hux­ta­ble het die eer­ste twee plek­ke in Klas T voor die neus van die voor­lo­pers in die reeks, die Horn-broers Jo­han en Wer­ner, in hul Hi­lux op­ge­raap.

Die Horn-broers was voor die Har­ri­smith-by­een­koms los voor in die ti­tel­stryd, maar kon net die vier­de p­lek ag­ter die twee Wool­rid­ge-Ran­gers en die Hi­lux van die oud­kam­pi­oe­ne Chris Vis­ser en P­hi­lip Her­sel­man haal.

“Ons was tot half­pad deur die ren voor Ga­reth-hul­le,” het Lan­ce, die ou­er Wool­rid­ge-broer, ge­sê. “Ek is nie se­ker waar en hoe nie, maar hul­le het ie­wers die kra­ne oop­ge­draai.”

Die span se der­de ja­er, Henk La­te­gan, en sy na­vi­ga­tor, Bar­ry Whi­te, het ’n string teg­nie­se pro­ble­me in die eer­ste van die dag se twee rond­tes oor­leef en in die twee­de rond­te die naas­vin­nig­ste tyd in hul klas op­ge­stel, hoe­wel hul­le da­rem die top­tien vir die dag ge­haal het.

Die haas­ti­ge pas het groot druk op die na­vi­ga­tors ge­plaas, het Vis­ser wat die eer­ste keer saam met Her­sel­man ge­jaag het, ge­sê. Hul­le was uit­ein­de­lik vier mi­nu­te voor die Horns wat op hul beurt ge­rief­lik ver voor Lu­ke Bo­tha en An­dré in die vyf­de p­lek in hul nu­we Nis­san Na­va­ra was.

Die im­mer be­sten­di­ge Jo­han van S­ta­den en sy in­staan-na­vi­ga­tor, Ju­an Mohr, was se­wen­de al­ge­heel en twee­de in die FIA-klas in hul Re­nault Duster. Hul­le was ’n kort­kop voor La­te­gan-hul­le, wat so­wat 20 mi­nu­te weens ’n rem­pro­bleem in hul Ran­ger ver­loor het.

Die plaas­li­ke ja­er Ja­c­ques van Ton­der van Har­ri­smith en sy na­vi­ga­tor, Le­an­der Pie­naar (Ford Ran­ger), was ne­gen­de al­ge­heel en se­wen­de in Klas T. Die top­tien is af­ge­rond deur Te­ren­ce Marsh en sy ge­nooi­de na­vi­ga­tor, B­rent Lin­de­que, wat hul Na­va­ra in die der­de p­lek in die FIA-klas oor die wen­streep ge­stuur het.

Ag­ter hul­le het die voor­ma­li­ge SA veld­ren­kam­pi­oen Jan­nie Vis­ser met sy seun Chris langs hom in hul Hi­lux hul der­de oor­win­ning in Klas S vir mo­tors met en­jins klei­ner as vier li­ter aan­ge­te­ken, wat hul hou­vas op die ti­tel ver­ste­wig het.

Da­vid Hud­dy en Ger­hard S­chut­te (Nis­san Na­va­ra) was die e­nig­ste an­der ja­ers wat die ren in dié klas vol­tooi het na­dat Ri­chard Lee­ke en Hen­ry Kohne (Ford Ran­ger) en Ar­chie Rut­her­ford en Kent Rut­her­ford (Toyo­ta Hi­lux) uit­ge­val het.

Die vol­gen­de ron­de in die reeks is die ge­wil­de Sun Ci­ty 400-veld­ren op 15 en 16 Sep­tem­ber.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.