‘Cy­ril g’n be­drei­ging vir JZ­hul­le’

‘NKOSAZANA GAAN GOU OORNEEM’ Vak­bon­de steun hom nie meer – Moe­let­si

Beeld - - Voorblad - In­ge K­ühne

Die Zu­ma-kamp be­stem­pel adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa nie as ’n be­drei­ging in die ANC se lei­er­stryd nie.

So het die po­li­tie­ke kom­men­ta­tor Moe­let­si Mbeki gis­ter ge­sê in ’n Rap­port Reg­streeks-pa­neel be­spre­king in die Brook­lyn­te­a­ter in P­re­to­ria.

“Ja­cob Zu­ma is die mees pro­fes­si­o­ne­le po­li­ti­kus in die land en hy het die groot­ste aan­tal on­der­steu­ners. Cy­ril Ra­map­ho­sa het wel steun in Gau­teng, maar die op­po­si­sie het die pro­vin­sie by die ANC af­ge­vat. En Ra­map­ho­sa het ja­re ge­le­de al sy steun in die vak­bon­de ver­loor.

“Die kans dat hy die ver­kie­sing sal wen teen Zu­ma se kan­di­daat (dr. Nkosazana Dla­mi­niZu­ma) is so te sê nul,” sê Mbeki.

Op ’n vraag van Wal­di­mar Pel­ser, re­dak­teur van Rap­port wat die be­spre­king ge­lei het, oor die steun wat Co­sa­tu on­der meer aan Ra­map­ho­sa be­loof het, sê Mbeki Ra­map­ho­sa het die amp­te­li­ke steun van Co­sa­tu, maar nie nood­wen­dig ge­noeg steun op grond­vlak van die vak­ver­bond se le­de nie.

Hy sê Zu­ma sal waar­skyn­lik vol­gen­de week die mo­sie van wan­troue in die par­le­ment oor­leef.

“’n LP wat ’n ag­ter­ban­ker is, kry R80 000 per maand nog voor­dat hy e­nig­iets ge­doen het. Hy moet net op­daag en dan kan hy maar sit en slaap. Sal jy teen so ’n werk stem?” vra hy.

Wat die al­ge­me­ne ver­kie­sing in 2019 be­tref, sê Mbeki kie­sers in die lan­de­li­ke ge­bie­de bly ’n sterk ANC-on­der­steu­nings­ba­sis. Die mees­te van hul­le is werk­loos en daar­om sal hul­le aan­hou om vir die ANC te stem so­lank hul­le maat­skap­li­ke toe­lae ont­vang.

“Op­po­si­sie­par­tye bied geen op­los­sing vir dié men­se se groot­ste pro­bleem, werk­loos­heid, nie. Hoe gaan jy hul­le oor­tuig om vir die op­po­si­sie te stem as die op­po­si­sie hul­le niks bied nie?”

As Dla­mi­ni-Zu­ma in De­sem­ber tot ANC-lei­er ver­kies word, be­staan die moont­lik­heid dat Zu­ma ’n paar maan­de la­ter sy pos as pre­si­dent sal ver­laat om vir haar plek te maak. Dit sal wees om die kie­sers in die aan­loop tot die 2019-ver­kie­sing ge­woond te maak aan Dla­mi­ni-Zu­ma as pre­si­dent.

‘‘ Die kans dat Ra­map­ho­sa die ver­kie­sing sal wen teen Zu­ma se kan­di­daat (dr. Nkosazana Dla­mi­ni­Zu­ma), is so te sê nul. — MOE­LET­SI MBEKI

Fo­to: WERNER HILLS

Moe­let­si Mbeki

Fo­to: LEON SADIKI

Adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.