Hul ‘weet nie’ Os­car is in hos­pi­taal

Beeld - - Voorblad - Si­mon Son­ne­kus en Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

Die Pistorius-fa­mi­lie sê hul­le is deur die me­dia in­ge­lig dat Os­car Pistorius van­og­gend na ’n hos­pi­taal ge­bring is.

Die voor­ma­li­ge Pa­ra­lim­pie­se na­el­loop kam­pi­oen is gis­ter­og­gend glo met er­ge bors­pyn in die Kala­fong-hos­pi­taal in At­te­rid­ge­vil­le, P­re­to­ria, op­ge­neem.

Sin­ga­bak­ho Nxu­ma­lo, woord­voer­der van die de­par­te­ment van kor­rek­tie­we diens­te, het be­ves­tig dat Pistorius na ’n hos­pi­taal bui­te die ge­van­ge­nis ge­bring is.

Os­car se broer, Carl, sê hy het eers daar­van te ho­re ge­kom toe hy die mid­dag ’n rits me­di­a­na­vrae ont­vang het.

“Dit was nuus vir my. Die fa­mi­lie is ge­woon­lik die laas­te om te hoor van sul­ke ge­val­le. Ek het ver­le­de week selfs by ’n joer­na­lis ge­hoor dat Os­car sy eie le­we pro­beer be­ëin­dig het.”

Carl sê hy sal so gou as moont­lik meer pro­beer uit­vind oor Os­car se op­na­me.

‘‘

Ek is pas uit my laas­te ver­ga­de­ring en weet glad nie hier­van nie. In­dien jy iets uit­vind, laat weet my, as­se­blief.

— ARNOLD PISTORIUS

Os­car se oom Arnold Pistorius sê ook hy dra geen ken­nis van sy broers­kind se hos­pi­taal­op­na­me nie. “Ek is pas uit my laas­te ver­ga­de­ring en weet glad nie hier­van nie. In­dien jy iets uit­vind, laat weet my, as­se­blief,” het hy gis­ter­mid­dag laat ge­sê.

Vei­lig­heids­wag­te by die hos­pi­taal het be­ves­tig dat Os­car wel daar ont­vang is vir be­han­de­ling.

Die vei­lig­heids­wag­te het nie­mand toe­ge­laat om hom te be­soek nie.

“Ons kan nie­mand toe­laat nie ten­sy hul­le ’n brief van die tronk het wat die re­de vir ’n be­soek dui­de­lik stel,” het ’n wag, wat hom slegs as Sak­kie voor­ge­stel het, ge­sê.

Os­car (30) dien ses jaar tronk­straf uit weens die moord op Ree­va S­teen­kamp op Va­len­tyns­dag in 2013.

Hy het aan­vank­lik sy von­nis in die K­go­si Mam­pu­ru II-ge­van­ge­nis in P­re­to­ria uit­ge­dien, maar is in No­vem­ber 2016 na die At­te­rid­ge­vil­le-ge­van­ge­nis oor­ge­plaas.

Die ge­van­ge­ni so­wer­he­de het be­ves­tig dat hy gis­ter­aand in die hos­pi­taal sou oor­nag.

Os­car Pistorius

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.