Siek, half­blind, son­der werk – toe kry hy R17 m.

Beeld - - Voorblad -

’n Man van Noord­wes by wie ag­gres­sie­we pro­staat­kan­ker ver­le­de jaar ge­di­ag­no­seer is en wat van­jaar die sig in een oog ver­loor het, het die Lot­to-boer­pot van meer as R17 mil­joen ge­wen.

Dit kon nie op ’n be­ter tyd ge­kom het nie, want in Ju­nie het hy sy laas­te sa­la­ris­tjek ont­vang om­dat sy siek­te­ver­lof op was.

It­hu­ba, wat die Lot­to be­stuur, het gis­ter ge­sê die wen­ner het R45 be­stee – en die boer­pot van R17 527 655,10 op 26 Ju­lie ge­wen.

Vir die wen­ner was die paad­jie se­dert sy di­ag­no­se in Fe­bru­a­rie ver­le­de jaar pyn­lik en moei­saam.

“Na­dat ek uit­ge­vind het ek het ’n ag­gres­sie­we vorm van pro­staat­kan­ker, het dit vir my ge­voel of my le­we ver­by is,” sê hy in ’n It­hu­ba-ver­kla­ring.

“Ek het met be­han­de­ling be­gin en kon maar net hoop op die bes­te.”

Maar op 18 Mei, net toe hy dink die erg­ste is ver­by, tref die te­ë­spoed weer ter­wyl hy op pad werk toe was. “Ek moet baie reis vir my werk en op dié dag het ek net ge­voel hoe my een oog dof be­gin raak. Ek het ge­suk­kel om die pad te sien.

“Ek is dok­ter toe en hy het ’n nood­o­pe­ra­sie ge­re­ël. Dit het nie ge­slaag nie en ek het al­le sig in my lin­ker­oog ver­loor.”

Hy kon nie meer werk nie en in Ju­nie het hy sy laas­te sa­la­ris ge­kry. “Ons het ge­suk­kel om kop bo wa­ter te hou.”

Toe, op 26 Ju­lie, koop hy R45 se Lot­to-kaart­jies.

Hy en sy vrou het in tra­ne uit­ge­bars oor die Lot­to-ge­luk­skoot.

Hy het in­tus­sen ook die goeie nuus ge­kry dat daar nie meer te­kens van die kan­ker is nie.

Met die wen­geld kan hy nou nog ’n oog­o­pe­ra­sie be­kos­tig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.