Peu­ter sterf ure na­dat hy been breek

Beeld - - Voorblad - A­let van der Walt

’n Boer van Frank­fort se jong­ste seun, wat een van ’n vyf­ja­ri­ge twee­ling is, is Woens­dag­aand dood na­dat sy been vroeer die dag in ’n frats­on­ge­luk ge­breek het.

Gil­li­an Graaff, Sid­ney Graaff se tan­te, sê ’n groe­pie kin­ders het Woens­dag om­streeks 17:00 in ’n skuur op die plaas Mid­den­bult bui­te Frank­fort ge­speel.

“Daar was ook groot­men­se in die skuur,” sê sy.

’n Laai­graaf­wiel wat skuins teen ’n muur ge­staan het, het op Sid­ney se been ge­val.

Gil­li­an sê die wiel het al baie lank daar reg­op teen die muur ge­staan.

Dit is nie se­ker waar­om die wiel om­ge­val het nie, sê sy. Die kin­ders kon dit dalk per on­ge­luk laat om­val het.

Die wiel het Sid­ney se reg­ter­been vol ge­tref en sy lin­ker­been net skrams ge­raak.

Sid­ney se ou­ers, SW en Le­oné, het on­mid­del­lik me­die­se hulp ont­bied.

Die ge­breek­te been is op die plaas ge­spalk.

Sid­ney is na die Me­di­cli­nic Ve­ree­ni­ging ge­neem waar ’n skan­de­ring ge­wys het sy been is bo en on­der die knie ge­breek.

Die dok­ter het ge­sê die breuk on­der sy knie kan met gips ge­heg word, maar hul­le sal aan sy bo­been moet o­pe­reer om­dat dit baie hoog en sleg ge­breek het, sê Gil­li­an.

“Al­les was on­der be­heer en Sid­ney is in die waak­een­heid op­ge­neem.

“Die ver­pleeg­per­so­neel het ge­re­ël dat Le­oné in die hos­pi­taal oor­nag so­dat sy na­by Sid­ney kan wees.”

Om­streeks 23:30 het ’n ver­pleeg­sus­ter ag­ter­ge­kom Sid­ney se toe­stand het ver­sleg en nog me­die­se per­so­neel se hulp is in­ge­roep.

Le­oné is ge­vra om uit die saal te gaan en sy het be­sef daar is groot fout met Sid­ney. Hy is kort hier­na oor­le­de. “Ons weet nog nie wat tot sy dood ge­lei het nie maar sy hart het glo nie reg ge­klop nie.

“Dit is ’n frats dat hy dood is,” sê Gil­li­an.

Sid­ney het ’n twee­ling­sus­ter, Kir­sten, en t­wee ou­er broers, Pe­dri en Mar­nus, wat nog op la­er­skool is.

Na­re­tha An­tu­nes skryf op Facebook: “Ons gaan jou mis, lief­ste Sid­ney. Jy was een van ons mooi­ste mooie ou spier­wit­kop boer­seun­tjies in ons dor­pie.”

Fo­to: FACEBOOK

Sid­ney Graaff

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.