Geld vir sa­la­ris­se dalk op

Boon­op gaan vak­bon­de vra om ver­ho­gings

Beeld - - Voorblad - Mat­thew le Cor­deur

Die Suid-A­fri­kaan­se Lugdiens (SAL) het nie meer geld nie en sal dalk nie sa­la­ris­se kan be­taal nie.

Ter­self­der­tyd gaan t­wee vak­bon­de van­dag die SAL vra om sa­la­ris­ver­ho­gings.

Die me­taal­wer­ker s vak­bond Num­sa en die South A­fri­can Ca­bin C­rew As­so­ci­a­ti­on (Sac­ca) gaan van­dag ’n op­tog na die SAL se kan­to­re hou om ’n me­mo­ran­dum met hul be­swa­re en be­kom­mer­nis­se aan amp­te­na­re van die lugdiens te oor­han­dig.

Dit val saam met die SAL-di­rek­sie se ver­sky­ning in die par­le­ment voor die staan­de ko­mi­tee oor fi­nan­sies. Die di­rek­sie gaan moei­li­ke vrae moet be­ant­woord ra­ken­de sy ne­ga­tie­we kon­tant­po­si­sie en die ver­soek om ’n ver­de­re kon­tantins pui­ting van R13 mil­jard oor drie jaar.

Do­ku­men­te wat voor die ver­ga­de­ring aan par­le­ments­le­de ge­stuur is, wys op die kon­tant vloei­kri­sis by die SAL.

Hy het in Ju­lie ’n ne­ga­tie­we kon­tant­po­si­sie ge­had, wat be­te­ken hy sal dalk nie sy werk­ne­mers kan be­taal nie, wat nog te sê van ver­ho­gings bied.

Die SAL het in Ju­lie ’n net­to kon­tant­uit­vloei van R568 mil­joen ge­had en dit gaan na ra­ming tot R936 mil­joen toe­neem in Au­gus­tus.

Vol­gens Num­sa en Sac­ca wei­er die SAL om ver­ho­gings aan die mees­te van sy werk­ne­mers toe te staan, maar is hy “ge­wil­lig om steeds vry­ge­wi­ge pak­ket­te aan vlie­ë­niers te be­taal, wat meest­al wit en man­lik is”.

Die SAL het in Ju­nie ’n red­dings­pak­ket van R2,207 mil­jard ge­kry om sy le­ning van S­tan­dard C­har­te­red Bank te be­taal. Dit volg op ’n waar­borg van R5 mil­jard wat die te­sou­rie in Sep­tem­ber aan hom toe­ge­staan het na­dat ’n nu­we di­rek­sie aan­ge­stel is.

Ma­lu­si Gi­ga­ba, mi­nis­ter van fi­nan­sies, het in Ju­lie aan die par­le­ment ge­sê die SAL moet van­jaar R15,963 mil­jard se le­nings te­rug­be­taal. Die R2,207 mil­jard was deel van dié be­drag.

Dit laat die SAL met nog R13,755 mil­jard wat hy van­jaar moet be­taal – geld wat hy nie het nie.

Dit is om­dat die SAL reeds R18,624 mil­jard van die R19,144 mil­jard wat die re­ge­ring aan hom toe­ge­wys het vir waar­bor­ge ge­bruik het. Die SAL ver­loor ook el­ke maand R370 mil­joen.

Vuy­a­ni Ja­ra­na

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.