Ed­ward Zu­ma sê hy is jam­mer

ED­WARD IN SOP In vi­sier oor haat­spraak, nog ’n wets­oor­tre­ding

Beeld - - Voorblad -

Ed­ward Zu­ma se ver­sko­ning gaan hom niks help nie – die Mens­regt e­kom­mis­sie (MRK) gáán hom aan­kla. Nie net van haat­spraak nie, maar ook om­dat hy na be­we­ring men­se­reg­te wet­ge­wing oor­tree het.

Die ANC in Kwa Zu­lu-Na­tal het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê hul­le het ’n ver­sko­ning van dié seun van pres. Ja­cob Zu­ma ont­vang oor sy ope brief ver­le­de week waar­in hy sne­di­ge uit­la­tings oor die voor­ma­li­ge mi­nis­ters De­rek Ha­ne­kom en Pra­vin Gord­han maak.

Hy het ge­skryf hy is jam­mer dat hy die op­mer­kings ge­maak het en dat dit nie sy be­doe­ling was om e­nig­een te be­le­dig toe hy sy me­ning oor die “hui­di­ge po­li­tie­ke land­skap” ge­gee het nie.

Hy het ge­sê hy trek sy uit­la­tings te­rug.

Ed­ward het ver­le­de week in die ope brief ge­sê Ha­ne kom ,“’ n af­stam­me­ling van wit mo­no­po­lie ka­pi­ta­lis­te wat nie be­te ras’ n walg­li­ke hond is wat op­ge­lei is om ’n swart vel te ver­skeur nie, het sy wa­re kleu­re ge­wys en ge­wys hoe vy­an­de die st­rug­gle bin­ne­ge­dring het – die ras­sis­tie­se, pa­ter­na­lis­tie­se min­der­heid”.

Hy het Gord­han daar­van be­skul­dig dat hy “in­heem­ses” voort­du­rend mar­gi­na­li­seer.

“Die ANC is op­reg dank­baar teen­oor Ed­ward vir sy re­spek en om­dat hy hom on­der­werp aan die po­li­tie­ke dis­si­pli­ne van die or­ga­ni­sa­sie,” het M­du­mi­se­ni N­tu­li, ANC­woord­voer­der in K­waZu­lu-Na­tal, in ’n ver­kla­ring ge­sê.

Gail S­mith, MRK-woord­voer­der, sê die kom­mis­sie het in die lig van Ed­ward se “ont­stel­len­de en aan­stoot­li­ke” op­mer­kings be­sluit om die saak na die ge­lyk­heids­hof te neem.

“Ons meen die in­houd van sy brief is haat­spraak en daar­om stry­dig met die be­gin­sels van vry­heid van spraak soos in die Grond­wet uit­een­ge­sit.”

Ná die MRK se aan­vank­li­ke re­ak­sie op sy uit­la­tings het Ed­ward die kom­mis­sies e man­daat aan­ge­val. Die M R Km eenh y het so­doen­de men­se­reg­te wet­ge­wing oor­tree.

“Die wet stel dit dui­de­lik dat nie­mand mag in­meng in die kom­mis­sie se werk, dit mag ver­hin­der of be­lem­mer nie.”

T­heo Ven­ter, po­li­tie­ke ont­le­der aan die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit (NWU), sê die jong Zu­ma se be­le­di­gings sal sy pa dalk be­na­deel in die de­bat vol­gen­de week oor die mo­sie van wan­troue in die pre­si­dent. “Dit sal waar­skyn­lik eg­ter nie ’n groot in­vloed op Zu­ma hê nie om­dat sy ter­myn in elk ge­val am­per ver­stryk.”

Ven­ter meen die Ed­ward-de­ba­kel kan wel dr. Nkosazana Dla­mi­ni-Zu­ma, die pre­si­dent se eks­vrou, be­na­deel in haar veld­tog om die pre­si­dent te word.

“Al is Ed­ward nie een van haar vier kin­ders by Zu­ma nie, sal die al­ba­tros van haar ver­bin­te­nis met die uit­ge­brei­de Zu­ma-fa­mi­lie al­tyd om haar nek hang.

“Daar sal fyn ge­kyk word na wat die Zu­ma-kin­ders doen. Ek dink eg­ter nie pres. Zu­ma gee eint­lik om nie.”

Ven­ter sê die aard van Ed­ward se uit­spra­ke teen in­di­vi­due én die MRK was so bla­tant dat die ANC nie an­ders kon as om ’n ver­sko­ning te eis nie, on­ge­ag die streek of pro­vin­sie waar die uit­la­tings ge­maak is.

“Die ANC kon dit ver­al nie laat ver­by­gaan ter­wyl hul­le haaks is met die ANC-LP dr. Mak­ho­si K­ho­za nie.”

K­ho­za het in Ju­lie op Man­de­la­dag in die o­pen­baar Zu­ma se be­dan­king ge­ëis.

Nog sleg­te nuus gis­ter vir die Zu­ma-kamp was dat by­na al die ANC-tak­ke in die X ha r iep-dis­trik smu­ni­si­pa­li­teit in die Suid-Vry­staat glo aan­ge­dui het dat hul­le be­reid is om o­pen­lik te ver­klaar dat hul­le adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa in die lei­ers­kon­fe­ren­sies al steun.

Dit is vol­gens S­ha­kes Mp­ha­ko, voor­sit­ter van die ANC-tak in S­mit­hfield en streek ko­ör­di­neer­der van die Ra map h os a-en T­ha­bo Ma nyo­ni-kamp in dié dis­trik s mu­ni­si­pa­li­teit.

Ma­nyo­ni, on­der­voor­sit­ter van die ANC in die Vry­staat, daag dié pro­vin­sies e pre­mier, Ace Ma­gas­hu­le, voor­sit­ter van die Vry­staat­se ANC en lui­te­nant van die Zu­ma­kamp, op die Vry­staat­se lei­ers­kon­fe­ren­sie uit.

Die Zu­ma-kamp moet in De­sem­ber die Vry­staat se steun kry om te ver­se­ker dat Dla­mi­ni-Zu­ma die nu­we ANC-lei­er en pre­si­dent van die land word.

T­ha­bo Meeko, woord­voer­der van die ANC in die Vry­staat, het die groot steun vir die Ra­map­ho­sa­kamp eg­ter be­vraag­te­ken.

Hys ê die da­tums vir die Vry­staat­se lei­ers­kon­fe­ren­sie is nog nie be­kend nie, maar dit sal voor die na­si­o­na­le kon­fe­ren­sie in De­sem­ber wees.

– Su­san Cil­liers, Ma­rie­tjie Ge­ric­ke en Mxo­li­si Mnga­di (News24)

Fo­to: FELIX DLANGAMANDLA

Ed­ward Zu­ma, pres. Ja­cob Zu­man se seun.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.