‘Mees­te ANC­LP’s wil gou dras­tie­se op­tre­de hê’

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Meer as 50% van die ANC-LP’s is erg ont­steld oor staat­skaping en meen daar moet baie gou en dras­ties op­ge­tree word.

So het De­rek Ha­ne­kom, ANC-LP, gis­ter­aand ge­sê en­ke­le dae voor­dat die par­le­ment die agt­ste mo­sie van wan­troue in pres. Ja­cob Zu­ma be­spreek en LP’s be­sluit of hy as staats­hoof aan­bly of nie.

Ha­ne­kom het deel­ge­neem aan ’n pa­neel be­spre­king wat Pra­vin Gord­han en M­ce­bi­si Jo­nas oor die stand van die po­li­tiek in Suid-A­fri­ka ge­lei het op Nan­do’s en Dai­ly Ma­ve­rick se saam­trek, The Gat­her­ing. Dit is in die Kaap­stad­se In­ter­na­si­o­na­le Kon­fe­ren­sie­sen­trum ge­hou.

Gord­han, Jo­nas en Ha­ne­kom is in Z u ma­se ka­bi­net skom­me­ling van 31 Maart as on­der­skei­de­lik mi­nis­ter en ad­junk­mi­nis­ter van fi­nan­sies en mi­nis­ter van toe­ris­me af­ge­dank.

Die joer­na­lis Ran­je­ni Mu­nu­sa­my wou by Ha­ne­kom weet of hy en Gord­han die mo­sie van wan­troue op 8 Au­gus­tus sal steun.

Ha­ne­kom wou die vraag nie di­rek be­ant­woord nie, maar het ge­sê 50% van die ANC-LP’s is erg be­kom­merd oor die sta­tus quo en wil hê dat daar baie gou teen staat­skaping en die oor­tre­ders op­ge­tree word.

Ha­ne­kom, Gord­han en die ANCLP Mak­ho­si K­ho­za het vroe­ër al­mal o­pen­lik ge­sê ANC-LP’s moet vol­gens hul ge­we­te stem.

Die ANC het eg­ter ver­skeie ke­re ge­sê sy LP’s is nie hul eie baas nie en moet hou by die par­ty se be­sluit om nie die mo­sie van wan­troue te steun nie.

Ha­ne­kom het ge­sê: “Die vraag is hoe daar op­ge­tree moet word. Ons ver­staan dat ons nie ons eie baas is nie. ANC-LP’s wat ’n an­der o­pi­nie

hier­oor het, spreek dit uit om die ANC te red.

“LP’s het po­li­tie­ke be­wust­heid. Hul­le ver­staan en sien wat in die land ge­beur. Jy kan nie vra dat hul­le nie ’n ge­we­te moet hê nie. In die stem­me­ry moet ANC-LP’s doen wat die bes­te vir Suid-A­fri­ka en die par­ty is.”

Ha­ne­kom het ge­sê dit was vir baie ANC-LP’s baie moei­lik om die laas­te mo­sie van wan­troue in Zu­ma te ver­werp.

“Ons het toe net ge­doen wat ons ge­dink het die reg­te ding is om te doen. Vir baie van ons sal dit moei­lik wees om dit (op 8 Au­gus­tus) weer te doen.”

Jo­nas het ge­sê die #Gup­taLe­ak­se-pos­bood­skap­pe het ge­wys wie eint­lik in be­heer van Suid-A­fri­ka is.

“Dit het be­wys dat ’n skim­re­ge­ring die land re­geer.

“Die feit dat ANC-lei­ers nou sê hul­le het nie van die om­vang van die staat­skaping ge­weet nie, wys dat on­ver­ko­se men­se wat net in self­ver­ry­king be­lang stel die land re­geer.”

Gord­han het ge­sê hy is wel ver­ras deur die om­vang van die staat­skaping wat deur die #Gup­taLe­ak­se-pos­bood­skap­pe aan die lig ge­kom het. “Som­mi­ge men­se sê tot R100 mil­jard het tot dus­ver weens staat­skaping uit die staats­kas ver­dwyn.”

Op die vraag wat die re­ge­ring met die geld kon ver­mag het, het Gord­han ge­sê: “Dit is meer as 9% van die re­ge­ring se to­ta­le uit­ga­wes.”

Hy het ge­sê die geld kon die be­drag wat aan maat­skap­li­ke toe­lae be­stee word, ver­dub­bel het. So­wat 17 mil­joen Suid-A­fri­ka­ners is daar­van af­hank­lik en tans word so­wat R120 mil­jard per jaar be­stee.

Nog ’n kwes­sie wat vol­gens Gord­han kom­mer­wek­kend is, is die straf­fe­loos­heid wat met die #Gup­taLe­aks ge­paard­gaan.

“Dit is ’n ge­vaar­li­ke fa­se wat ons be­reik het. Dit be­te­ken niks pla die oor­tre­ders nie.

“Hul­le gee nie om wat die im­pak van hul da­de op 55 mil­joen SuidA­fri­ka­ners en spe­si­fiek die 7 mil­joen werk­lo­se jong men­se is nie. Dit is ge­vaar­lik.”

Gord­han het die bur­ger­li­ke sa­me­le­wing ver­soek om ver­der te mo­bi­li­seer om die land op die reg­te pad te pro­beer te­rug­bring.

50% ANC­LP’s is erg be­kom­merd oor die sta­tus quo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.