Ap­plous vir al dié ko­re in kom­pe­ti­sie

Beeld - - Nuus - Han­nes Kru­ger

Die La­er­skool Mooi­ri­vier in Pot­chef­stroom en die Ex­cel­si­or P­ri­ma­ry S­chool in Bell­vil­le is die wen­ners ná die eer­ste aand van die ATKV se Ap­plous skool koor­kom­pe­ti­sie.

Mooi­ri­vier het die af­de­ling vir A­fri­kaan­se la­er­sko­le met ’n uit­slag van 85,18% ge­wen en Ex­cel­si­or die af­de­ling vir nie-A­fri­kaan­se la­er­skool­ko­re met ’n uit­slag van 87,14%.

Es­mie Koorn­hof is die di­ri­gent van Mooi­ri­vier se koor en Pe­tro Coet­zee die be­ge­lei­er. Ter­sia Jonck is Ex­cel­si­or se di­ri­gent en A­dè­le Bas­son die be­ge­lei­er.

Die ATKV-Ap­plous is’ n kom­pe­ti­sie vir skool­ko­re ens y na­si­o­na­le eind­ron­de het Woens­dag­aand in die Z. K. Mat­thews kon­sert­saal in P­re­to­ria be­gin.

Die kom­pe­ti­sie word van­jaar vir die 40ste keer aan­ge­bied. Daar was vroe­ër van­jaar ver­skeie streek­uit­dun­ne en die bes­te ko­re het na die eind­ron­de deur­ge­dring.

Daar was Woens­dag­aand t­wee af­de­lings: A­fri­kaan­se la­er skool­ko­re en nie-A­fri­kaans­spre­ken­de la­er­skool­ko­re.

Al die ko­re moes een voor­ge­skre­we werk in A­fri­kaans sing, ’n A­fri­kaan­se werk van hul keu­se, ’n werk in ’n Suid-A­fri­kaan­se taal (A­fri­kaans en En­gels uit­ge­sluit) en ’n werk van hul keu­se in e­ni­ge taal.

’n Prys word ook toe­ge­ken aan die koor wat ’n werk in ’n A­fri­ka­taal die bes­te uit­voer. Die C&N P­ri­mê­re Mei­sie­skool Oran­je in Bloem­fon­tein het dié prys ont­vang in die af­de­ling vir A­fri­kaan­se la­er­sko­le met hul ver­tol­king van “A­ma­vol­o­volo”.

Die S­ti­r­ling P­ri­ma­ry S­chool in Oos-Lon­den het dié prys in die af­de­ling vir nie-A­fri­kaans­spre­ken­de ko­re ont­vang met hul tra­di­si­o­ne­le ver­tol­king van “Em­lan­je­ni Ye­le­le” – ’n lied met Zoe­loeen Tswa­na-woor­de.

Die A­fri­kaan­se la­er­skool­koor wat die bes­te voor­ge­skre­we werk in A­fri­kaans uit­ge­voer het, is die La­er­skool Mooi­ri­vier. Die voor­ge­skre­we werk vir dié af­de­ling was van­jaar “Die Tie­kie­riel-dan­sie”, wat deur die kom­po­nis Chris Lam­precht ver­werk is.

Die koor wat die bes­te voor­ge­skre­we werk in die af­de­ling vir nie-A­fri­kaans­spre­ken­de la­er­skool­ko­re uit­ge­voer het, is die Good­wood Park P­ri­ma­ry S­chool in Kaap­stad. Die voor­ge­skre­we werk vir dié af­de­ling was van­jaar “Die O­lien­hout­kie­rie”, wat deur Da­le­ne B­rits ge­kom­po­neer is.

Bes­sie Keun, or­ga­ni­seer­der van die ATKV-Ap­plous, sê dié t­wee voor­ge­skre­we wer­ke is mu­si­kaal op die­self­de stan­daard. “Die A­fri­kaan­se teks vir die nieA­fri­kaans­spre­ken­de ko­re is net ’n klein bie­tjie een­vou­di­ger so­dat dit mak­li­ker ver­staan­baar vir die nie-A­fri­kaans­spre­ken­de koor­le­de is.”

Ko­re kon brons (60%-69%), sil­wer (70%-79%), goud (80%-89%) en cum lau­de (bo 90%) ont­vang. Al die ko­re wat Woens­dag­aand deel­ge­neem het, het goud ont­vang.

“Jul­le (die ko­re) het ons be­wus ge­maak van hoe hard jul­le ge­werk het om suk­ses­vol te wees. Ons kon sien jul­le het so baie tyd op­ge­of­fer vir voor­be­rei­ding. Al­les het ge­spreek van won­der­li­ke er­va­rings,” het Hen­nie Loock, een van die be­oor­de­laars en di­ri­gent van die wê­reld­be­kroon­de Ty­ger­berg-kin­der­koor in Kaap­stad, ge­sê.

Dei­d­re Le Ha­nie, uit­voe­ren­de hoof van die ATKV, het die ser­ti­fi­ka­te oor­han­dig en sê sy is on­ge­loof­lik trots op die ko­re se fan­tas­tie­se werk. “My bors wil uit­spring van op­ge­won­den­heid oor al die ta­lent.”

Die meer er­va­re la­er skool­ko­re en nie-A­fri­kaans­spre­ken­de ho­ër skool­ko­re tree van­aand op.

Fo­to: ANNEMARIE WICHMANN

Die koor van die La­er­skool Mooi­ri­vier in Pot­chef­stroom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.