‘Sa­rie’ Voor­blad­ge­sig: Hier’s die 10 fi­na­lis­te!

Beeld - - Nuus -

Sa­rie Voor­blad­ge­sig is in die pyl­vak. Hier is die tien fi­na­lis­te – wat van B­re­das­dorp in die sui­de tot Wind­hoek in Na­mi­bië af kom.

Daar is don­ker­kop­pe en lig­te­kop­pe, van ’n mo­de­ont­wer­per tot ’n fyn­ge­bak­sjef, en hul­le het me­kaar nog nooit ont­moet nie.

Tog het elk­een se in­skry­wings­fo­to’s Sa­rie laat glo hul­le is an­ders ge­noeg, spon­taan ge­noeg en mooi ge­noeg om die Sa­rie Voor­blad­ge­sig van 2017 te wees.

Vir hul­le lê die voor­blad fo­to­ses­sie met Sa­rie se A-span in Jo­han­nes­burg voor. Dis dié fo­to wat sal be­paal wie op Sa­rie se Ok­to­ber-voor­blad sal pryk. Le­sers sal die Voor­blad­reis met die tien kan mee­maak, want Sa­rie Voor­blad­ge­sig is van­jaar ook op kykNET (DSt­v­ka­naal 144) te sien.

Leer die tien fi­na­lis­te ken op Sa­rie se te­le­vi­sie­pro­gram Maan­dae om 17:30.

Die eer­ste e­pi­so­de word op 7 Au­gus­tus uit­ge­saai.

In­skry­wings vir die Sa­rie Voor­blad­ge­sig het op 15 Mei ge­sluit, waar­na 40 se­mifi­na­lis­te in Sa­rie se Ju­lie-uit­ga­we ver­skyn het. Tien fi­na­lis­te is uit hul­le ge­kies en hul­le is in die Sep­tem­ber-uit­ga­we te sien na­dat hul­le in wa­re Sa­rie-voor­blad­styl af­ge­neem is.

Le­sers kan aan­lyn op Sa­rie. com vir hul guns­te­lin­ge stem en hul stem­me sal saam met dié van die be­oor­de­laars in ag ge­neem word om die t­wee wen­ners aan te wys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.