S­ter­wen­de vrou kry toe haar laas­te melk­skom­mel

Beeld - - Nuus -

’n Melk­skom­mel is hon­der­de ki­lo­me­ters ver laat kom om ’n vrou wat haar laas­te dae in ’n hos­pies in die A­me­ri­kaan­se deel­staat Vi­r­gi­nia deur­ge­bring het, se laas­te wens waar te maak.

E­mi­ly Po­me­ranz (50) van C­le­ve­land, O­hio, se guns­te­ling­dran­kie was’ n mok­ka-melk­skom­mel wat’ n re­stau­rant so­wat 600 km van die hos­pies af maak. Haar vriend Sam Klein het met die hulp van die re­stau­rant se ei­e­naar, Tom­my Fel­lo, ge­sorg dat sy dit kry.

Fel­lo moes kop­krap oor hoe hy die melk­skom­mel by haar sou kry na­dat hy die op­roep van Klein ge­kry het.

Ui­t­ein­de­lik het hy dit in droë ys ver­pak en oor­nag na haar ge­stuur.

Po­me­ranz is Vry­dag aan pan­kre­as­kan­ker dood.

Die sto­rie en ’n fo­to van ’n glim­lag­gen­de Po­me­ranz wat die mok­ka-melk­skom­mel van Tom­my’s vas­hou, het nou al oor die wê­reld heen ge­reis.

Fel­lo sê die fo­to van Po­me­ranz met die melk­skom­mel in haar hand het net weer aan hom be­wys dat dit so­veel be­ter is om te gee as om te ont­vang.

E­mi­ly Po­me­ranz met haar laas­te melk­skom­mel. Fo­to: ANDY BASKIN, FACEBOOK VIA SAM KLEIN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.