Kis­vi­deo’s in hof

Slag­of­fer huil ter­wyl hy ge­dreig word

Beeld - - Nuus - Je­an­ne ­Ma­rié Ver­sluis

“Gaan jy nou weer steel?” “Wie se ca­ble is daai?” “Wil jy vinnig doodgaan of stadig?”

Dít is van die vrae waar­mee Vic­tor Mhlotshwa ge­pe­per is waar hy in ’n doods­kis ge­lê het ter­wyl ’n vi­deo ge­maak is.

Die op­mer­kings en vrae was in A­fri­kaans en Zoe­loe.

T­wee vi­deo’s – ’n kor­te wat T­heo Jack­son ge­maak het en ’n lan­ger een deur Wil­lem Oost­hui­zen – is gis­ter op ’n groot skerm ver­toon in die rond­gaan­de hof in Mid­del­burg, waar die t­wee mans ver­hoor word.

Oost­hui­zen (28) staan te­reg op se­we aan­klag­te en Jack­son (29) op ses na aan­lei­ding van die doodskis­voor­val.

Mhlotshwa huil hard­op in al­bei vi­deo’s en praat in die lan­ger vi­deo, maar sy woor­de is on­hoor­baar.

Oost­hui­zen en Jack­son het Mhlotshwa in ’n kis ge­druk en ge­dreig om hom aan die brand te steek.

Hul­le ont­ken eg­ter dat hul­le hom aan­ge­rand en pro­beer ver­moor het.

Die t­wee voer aan hul­le het Mhlotshwa met ge­steel­de ko­per­ka­bels be­trap op hul werk­ge­wers se grond, waar hul­le plaas­voor­man­ne was.

Na­dat hul­le Mhlotshwa in heg­te­nis ge­neem het, het dié ge­dreig om hul ge­sin­ne te ver­moor en hul oes­te af te brand, be­weer die t­wee. Hul­le het hom in die kis ge­sit om hom skrik te maak.

In die kort vi­deo sê ’n stem in A­fri­kaans: “Ek wil die pe­trol gooi, man! K­lim in!”

Dit word ge­volg deur ’n stel­ling in Zoe­loe wat be­te­ken: “K­lim in. Ek wil toe­maak”.

In die lan­ger vi­deo vra ’n stem in A­fri­kaans: “Gaan jy nou weer steel? Wie se ca­ble is daai? Wil jy vinnig doodgaan of stadig?

“K­lim, k­lim, jy praat k**. Jy wil mos k** praat.”

“Sit in jou kop! Kom! Kom!” “Voor in die bak­kie is ’n lig­h­ter.”

“Jy f **** n wil mos!”

Dan be­gin Mhlotshwa erg huil.

Daar­na volg ver­skeie stel­lings in Zoe­loe.

Mhlotshwa het ge­tuig hy het ná die voor­val, waar­in Jack­son die kis se dek­sel op hom af­ge­druk het, uit die kis ge­kom en huis toe ge­hard­loop.

Hy het ’n lys van be­se­rings in die hof ge­noem en ge­tuig die t­wee het hom aan­ge­rand. Vol­gens hom het hy nog let­sels daar­van.

Mhlotshwa het ge­tuig na­dat die (kort) vi­deo op die in­ter­net ver­sprei is, is hy saam met die po­li­sie dok­ter toe om­dat hy toe ’n klag by die po­li­sie in­ge­dien het.

Die dok­ter het hom on­der­soek. Hy het nie me­di­sy­ne ge­kry nie, want sy be­se­rings het toe al ge­nees.

Mhlotshwa het ge­tuig hy het die voor­val eers la­ter by die po­li­sie aan­ge­meld, want die be­skul­dig­des het hom ge­dreig.

Die ver­hoor duur voort.

Fo­to: JE­AN­NE­MA­RIÉ VER­SLUIS

Vic­tor Mhlotshwa

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.