DA­lid af­ge­dank: ANC kap Mas­ha­ba

Beeld - - Nuus - Je­a­nel­le G­rey­ling

Her­man Mas­ha­ba, bur­ge­mees­ter van Jo­han­nes­burg, het ’n bur­ge­mees­ters ko­mi­tee­lid se be­weer­de wan­ge­drag pro­beer toe­smeer voor­dat hy haar af­ge­dank het, sê die ANC.

Dit kom na­dat Mas­ha­ba eer­gis­ter­aand in ’n me­di­a­ver­kla­ring aan­ge­kon­dig het dat hy S­ha­ron Peet z, bur­ge­mees­ters ko­mi­tee­lid vir e­ko­no­mie­se ont­wik­ke­ling, af­ge­dank na­dat sy ’n be­wys van be­ta­ling aan ’n reis­a­gent ver­vals het.

Die stap teen Peetz, ’n DAraads­lid, is vol­gens Mas­ha­ba ge­doen met die toe­stem­ming van die DA se fe­de­ra­le raad. Peetz is vroe­ër van­jaar op ’n ko­mi­tee­ver­ga­de­ring daar­van be­skul­dig dat sy on­re­ël­ma­tig op­ge­tree het toe sy ge­re­ël het dat ’n fa­mi­lie­lid haar ver­ge­sel op ’n amp­te­li­ke reis na S­pan­je, sê Mas­ha­ba.

Hoe­wel die Jo­han­nes­burg­me­tro geen kos­te vir die reis aan­ge­gaan het nie, het Mas­ha­ba se kan­toor be­vind dat Peetz na be­we­ring ’n be­wys van be­ta­ling ver­vals het toe sy dit by die kan­toor in­ge­dien het.

Luy­an­da M­fe­ka, waar­ne­men­de di­rek­teur van kor­po­ra­tie­we kom­mu­ni­ka­sie, sê Peetz het die be­wys van be­ta­ling in­ge­dien om te be­wys sy het self vir die fa­mi­lie­lid se reis be­taal, maar die reis­a­gent hou vol die geld is nooit ont­vang nie.

“Ek be­klem­toon dat die geld steeds aan die reis­a­gent ver­skul­dig is en dat die stad geen ver­lies ge­ly het nie,” sê Mas­ha­ba.

Dié be­wys van be­ta­ling word ver­der on­der­soek.

Jo­li­dee Ma­ton­go, woord­voer­der van die ANC in Jo­han­nes­burg, sê dit was hul­le wat op die ko­mi­tee­ver­ga­de­ring die aan­ty­gings teen Peetz ge­maak het.

Fo­to: JHB­METRO

Peetz

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.