‘Bob­be­ja­ne’ kos wer­ker sy pos

Beeld - - Nuus -

’n Werk­ne­mer van die E­kur­hu­le­ni-metro wat in ’n e-pos­bood­skap ras­sis­tie­se op­mer­kings oor kol­le­gas ge­maak het, is sum­mier af­ge­dank.

Die metro sê in ’n ver­kla­ring dit het op 31 Ju­lie on­der die stads­be­stuur­der se aan­dag ge­kom dat ’n werk­ne­mer in die e-pos­bood­skap ge­skryf het: “Ek is moeg met hier­die bob­be­ja­ne hier, hul­le dink ek sal be­dank soos me­neer Van der Nest, maar ek sal nie.”

M­z­wan­di­le Ma­si­na, bur­ge­mees­ter, het gis­ter op ’n raads­ver­ga­de­ring ge­sê hul­le sal geen vorm van ras­sis­me duld nie.

“Ons het ’n don­ker ver­le­de van ras­sis­tie­se on­ge­reg­tig­he­de en gaan nie­mand nou toe­laat om die po­gings te on­der­myn om ’n nie­ras­si­ge, nie­sek­sis­tie­se en de­mo­kra­tie­se sa­me­le­wing te bou nie.

“Die metro wil dit dui­de­lik stel dat ons geen ver­draag­saam­heid teen­oor ras­sis­me toon nie en streng sal op­tree wan­neer ons daar­van be­wus word.”

Om­dat die werk­ne­mer se ras­sis­tie­se op­tre­de as bui­ten­ge­wo­ne om­stan­dig­he­de be­skou word soos deur die wet be­paal, kon die metro die ge­wo­ne stap­pe voor ont­slag oor­slaan, lui die ver­kla­ring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.