‘Pe­na­rie sal oor­le­wing be­moei­lik’

Al hoe meer wil krag di­rek be­taal

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

Groot maat­skap­pye kry een ná die an­der hof­be­ve­le wat hul­le in s­taat stel om E­s­kom di­rek te be­taal, pleks van kor­rup­te, wan­ke­len­de munisipaliteite wat E­s­kom saam R9,4 mil­jard skuld en wie se krag e­ni­ge dag af­ge­sny kan word.

Maar dit kan ui­t­ein­de­lik tot groot na­deel van dié munisipaliteite wees.

So waar­sku K­hu­lu P­ha­si­we, na­si­o­na­le woord­voer­der van E­s­kom.

Hy sê hoog­ge­regs­ho­we het reeds in die guns van ny­we­raars in Har­ri­smith, eMa­lahle­ni (Wit­bank) en S­tan­der­ton be­slis dat hul­le voort­aan E­s­kom di­rek mag be­taal, pleks van hul munisipaliteite. Dit kan suk­ke­len­de munisipaliteite ver­der knou.

“Dit mag ge­beur dat dié munisipaliteite voort­aan net klei­ner be­drae vir e­lek­tri­si­teit van huis­hou­de­li­ke ver­brui­kers sal kan vor­der. Dit sal be­te­ken dat dié munisipaliteite, wat e­lek­tri­si­teit teen wins aan in­wo­ners, ny­we­raars en sa­ke­lui her­ver­koop, se wins­te aan­sien­lik sal krimp en dat munisipaliteite ui­t­ein­de­lik nog moei­li­ker sal oor­leef.”

P­ha­si­we sê die Vry­staat is die pro­vin­sie waar munisipaliteite die mees­te skuld – meer as R4 mil­jard. Dan volg M­pu­ma­lan­ga met by­kans R3 mil­jard se skuld en Noord­wes met so­wat R1 mil­jard se skuld, der­de. Saam skuld die drie pro­vin­sies R7,6 mil­jard van die R9,4 mil­jard aan E­s­kom.

“As ons net die stryd in daar­die drie pro­vin­sies kan wen, is ons t­wee der­des daar,” sê P­ha­si­we.

Hy sê die R9,4 mil­jard wat munisipaliteite aan E­s­kom skuld, sluit nie die by­ko­men­de R12 mil­jard in wat So­we­to skuld nie.

“So­we­to se hui­di­ge skuld be­loop R5 mil­jard en die res van die R12 mil­jard is baie lank ag­ter­stal­lig. So­we­to is nie ’n mu­ni­si­pa­li­teit nie. Daar­om dat ons nou voor die voet ny­we­raars, sa­ke­lui en in­wo­ners wat ons geld skuld se krag in So­we­to af­sny.”

P­ha­si­we sê die Noord-Kaap se munisipaliteite is op drie na E­s­kom se groot­ste skul­de­naars. Dié pro­vin­sie het E­s­kom R616 mil­joen op 26 Fe­bru­a­rie van­jaar ge­skuld.

“Ons het on­langs ken­nis­ge­wings aan vier van dié pro­vin­sie se munisipaliteite ge­stuur dat ons van plan is om hul krag teen 18 Sep­tem­ber af te sny. Dit is die plaas­li­ke munisipaliteite van T­sant­sa­ba­ne (Post­mas­burg), Re­nos­ter­berg (Van der Kloof, Pe­trus­vil­le en P­hi­lip­stown), Kai !Ga­rib (Riem­vas­maak, Kei­moes, Ka­ka­mas en Ken­hardt) en T­hem­be­lihle (Doug­las, Ho­pe­town en S­try­den­burg).”

P­ha­si­we sê ’n groot pro­bleem is as die E­s­kom-skuld in die par­le­ment be­spreek word, is munisipaliteite nie be­reid om pa vir hul skuld te staan nie. “E­s­kom kan nie die skuld af­skryf nie om­dat 42% van sy in­kom­ste van munisipaliteite kom.”

Hys ê die 20 top munisipaliteite waar­mee Es kom tans die groot­ste pro­ble­me het, in volg­or­de van groot­ste skuld, is: Ma­lu­ti-a-P­ho­fung, Mat­j­ha­beng, eMa­lahle­ni, Ng­wat­he, Go­van Mbeki, T­ha­ba Chweu, Le­kwa, Na­le­di, T­ha­ba­zim­bi, Dit­so­bot­la, Mo­ga­le Ci­ty, Na­la, Mo­q­ha­ka, Rand­fon­tein, Wal­ter Si­su­lu, Ci­ty of Mat­losa­na, Dihla­beng, N­ke­to­a­na, Mu­si­na en Me­ra­fong. Se­we Vry­staat­se munisipaliteite tel daar­on­der.

Die Wes-Kaap is tans die pro­vin­sie wat die min­ste geld aan E­s­kom skuld. Op 26 Fe­bru­a­rie van­jaar was dit R33 mil­joen.

■ In ’n hof­saak in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria van­jaar het ’n pluim­vee maat­skap­py, Astral Foods, ’n hof­be­slis­sing in sy guns ge­kry dat hy E­s­kom voort­aan di­rek mag be­taal, pleks van die Le­kwa-mu­ni­si­pa­li­teit (S­tan­der­ton). Soort­ge­ly­ke hof­uit­spra­ke is van­jaar ook aan ny­we­raars in Har­ri­smith en eMa­lahle­ni ge­gee, sê P­ha­si­we.

Fo­to: IAN LANDSBERG

42% van E­s­kom se in­kom­ste kom van munisipaliteite, maar munisipaliteite skuld E­s­kom R9,4 mil­jard.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.