Ná ses jaar as gy­se­laar: ‘S­joe, jou ha­re het ge­groei’

Beeld - - Nuus - Je­a­nel­le G­rey­ling en P­hil­da Es­sop Fo­to’s: LISA HNATOWICZ

“S­joe, jou ha­re het ge­groei.”

Dit was S­te­phen M­cGo­wn se eer­ste woor­de aan sy vrou, Cat­her­i­ne, na­dat hy by­na ses jaar lank as gy­se­laar in Ma­li aan­ge­hou is.

Cat­her­i­ne het gis­ter in P­re­to­ria glim­lag­gend ge­sê sy het voor­af al die moont­lik­he­de van wat hul­le gaan sê en doen wan­neer hul­le me­kaar weer sien in haar kop laat af­speel. Maar niks daar­van het ge­beur nie.

“Toe S­te­phen my sien, het hy ge­sê: ‘S­joe, jou ha­re het ge­groei.’

“Toe sê ek: ‘Jou ha­re is nou baie lan­ger as my­ne.’ ”

Sy sê selfs in tye van te­ë­spoed het sy ge­glo S­te­phen leef.

S­te­phen is in No­vem­ber 2011 in Tim­boek­toe deur mi­li­tan­te van die ter­reur­groep AlKa­ï­da uit ’n ho­tel ont­voer ter­wyl hy met va­kan­sie was. ’n Om­vang­ry­ke veld­tog om hom vry­ge­laat te kry, is daar­na be­gin.

Die S­weed Jo­han Gust­afs­son, wat saam met hom as gy­se­laar ge­neem is, is in Ju­nie vry­ge­laat.

Cat­her­i­ne en haar skoon­pa, Mal­colm M­cGo­wn, het die re­ge­rin­ge n nie re­ge­rings­or­ga­ni­sa­sies gis­ter op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie in P­re­to­ria vir sy te­rug­keer ná uit­ge­rek­te on­der­han­de­lin­ge be­dank.

S­te­phen is Sa­ter­dag vry­ge­laat en is reeds te­rug in die land. Hy was nie op die me­di­a­kon­fe­ren­sie teen­woor­dig nie.

Mal­colm sê dit was ’n “groot ver­ras­sing” toe hy sy seun weer vir die eer­ste keer sien.

“Toe ek hom ’n druk­kie gee, het hy so ge­sond en sterk soos voor­heen ge­voel.

“Hy is goed be­han­del. Ui­ter­aard was daar blyd­skap oor die won­der­werk wat ge­beur het. Ons kan dit nie be­skryf nie. Ten­sy jy die pad self loop, weet jy nie reg­tig hoe dit voel nie.”

S­te­phen se ma, Be­ver­ley, is in Mei van­jaar dood.

Mai­te N­ko­a­na-Mas­ha­ba­ne, mi­nis­ter van in­ter­na­si­o­na­le be­trek­kin­ge en sa­me­wer­king, het­sy vry­la­ting vroe­ër die dag op’ n ka­bi­net s in­lig­tings es­sie in Kaap­stad aan­ge­kon­dig.

Da­vid Mahlo­bo, mi­nis­ter van staats­ve i­lig­heid, sê S­te­phen is on­voor­waar­de­lik vry­ge­laat.

“Ons bui­te­land­se be­leid is baie dui­de­lik – ons be­taal nie los­pry­se nie.”

Mahlo­bo sê S­te­phen is vry­ge­laat van­weë “on­der­han­de­lin­ge deur die re­ge­ring, ge­rug­steun deur die A­fri­ka-U­nie en an­der struk­tu­re”.

S­te­phen M­cGo­wn se fa­mi­lie­le­de by Mai­te N­ko­a­na­Mas­ha­ba­ne, mi­nis­ter van in­ter­na­si­o­na­le be­trek­kin­ge en sa­me­wer­king. Van links is sy skoon­ma, Sue Pei­ser, sy vrou, Cat­her­i­ne, en sy pa, Mal­colm.

M­cGo­wn se vrou, Cat­her­i­ne, op die me­di­a­kon­fe­ren­sie in P­re­to­ria.

S­te­phen M­cGo­wn se pa, Mal­colm, op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.