Weet kin­ders hul ou­ers ba­klei so vir hul­le?

Beeld - - Kommentaar - Da­na Sny­man

Die ge­twis oor gods­diens in sko­le hou nou al hoe lank aan. In die koe­rant. Op Facebook. Op Net­werk24. O­ral. “Hans is ’n sa­tans­kind,” sal ie­mand, sê maar, on­der­aan nóg ’n be­rig daar­oor op Net­werk24 skryf. “Hier­die jag­tog van hom is be­lag­lik.”

Dis na­tuur­lik ’n ver­wy­sing na Hans Pie­ter­sen, voor­sit­ter van die Or­ga­ni­sa­sie vir Gods­diens­on­der­rig en De­mo­kra­sie (O­god), wat wil sorg dat een gods­diens nie bo an­der op skool be­vor­der word nie.

Ui­ter­aard het Hans sy eie, wel, dis­si­pels. “Jul­le Chris­te­ne is pa­te­ties,” sal een van hul­le dan ant­woord. “Jul­le is so broos jul­le dink e­ni­ge bloot­stel­ling aan an­der ge­lo­we kan jul kin­ders swaai. Los Hans uit.” En dan brand die vuur.

“Hans se haat vir God is so hart­seer,” sal nog een dan sê. “’n Mens kan net vir hom bid.”

“Bid? Glo jy nog aan ge­bed?” sal ie­mand an­ders dan vra. “Geen ra­si­o­ne­le mens kan ’n denk­beel­di­ge we­se om hulp vra nie. Aan­bid eer­der vir Kers­va­der, hy sal min­stens vir jou pre­sen­te bring.”

Dit spoor ge­woon­lik ie­mand an­ders tot ’n vu­ri­ge ge­tui­e­nis aan. “Prys die

He­re al­mal wat nie s­kaam is om God se

Woord te ver­kon­dig en nie stil­bly daar­oor nie,” sal een dan sê, en by­voeg: “Ont­hou net, God slaap nie.”

Na­tuur­lik gaan dit ’n teen­re­ak­sie uit­lok. Of meer: Hans, of ie­mand van O­god, kan selfs ’n fo­to van ’n stuk­kie lief­de­lo­se Chris­ten-kom­men­taar met sy sel­foon neem en dit op Facebook plaas. Dan ver­skuif die ge­veg Facebook toe. Of woed dit op Net­werk 24 voort.

“Jou god kan net so wak­ker wees as wat hy wil,” sal ie­mand dan moont­lik sê. “Hou jou god net weg van my kin­ders af.”

“Ek stem saam,” sal ie­mand be­aam. “Jul­le chris­te­nis­te is skyn­hei­lig, jul­le vloek en drink en hoer lek­ker, en dan sit jul­le Son­dag hoog­hei­lig in die kerk.”

En dan, by­na al­tyd, is daar die een wat va­der­lik wil be­tig: “S­kaam jul­le,” sal hy of sy sê. “Daar is net een God. Dan­kie He­re dat ek die wa­re God dien.”

Met dan, on­af­wend­baar, ie­mand wat daar­op ant­woord: “Dis die pro­bleem. El­ke ou glo dat sy god die reg­te god is.” Ge­volg deur die on­af­wend­ba­re uit­da­ging: “Ek daag Hans uit om soort­ge­ly­ke brie­we aan Mos­lem­sko­le te s­tuur.”

En hier, min of meer, tree ’n grap­kas ge­woon­lik tot die stryd toe en skryf: “Ek hoop net God be­skik dat die Leeus Sa­ter­dag wen.” Ge­woon­lik sal een of t­wee flou­e­rig daar­op re­a­geer, en dan duur die twis maar weer voort.

“O­god, gaan sit met jou hei­den­se ge­sind­heid saam met Sa­tan op ’n toi­let en ver­heer­lik jul­self.”

“Hoe­kom het jy nie jou naas­te lief nie, my ou? Jul­le chris­te­ne is be­lag­lik.”

Wat sê die kin­ders hier­van? won­der ’n mens. Weet hul­le hul ou­ers ba­klei so ter wil­le van hul­le? Of praat hul­le, soos goeie kin­ders, ag­ter hul­le ou­ers aan?

Wat van die kin­ders? Wat van hul­le?

‘‘

‘S­kaam jul­le,’ sal hy of sy sê. ‘Daar is net een God. Dan­kie He­re dat ek die wa­re God dien.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.