Die ver­pla­sing van blaam is re­ge­ring se spel­pa­troon

Beeld - - Kommentaar -

In die laat 1940’s en vroeë 1950’s het ’n in­sig­ge­wen­de bord­jie op Har­ry Tru­man se les­se­naar in die Wit­huis ge­staan met die teks: “The buck stops he­re.”

Hy het daar­mee er­ken hy is soos die kap­tein van ’n skip – al­les wat op die skip ver­keerd loop, is sý ver­ant­woor­de­lik­heid, a lis hy nie reg­streeks ver­ant­woor­de­lik vir wat skeef­ge­loop het nie.

Níks van dié soort ver­ant­woor­de­lik­heids­be­sef (en ge­paard­gaan­de ver­ant­woord­baar hei d) i sin die ANC-re­ge­ring te be­speur nie. Daar is die hoof­doel­wit eer­der die ver­pla­sing van blaam – iets wat teen dié tyd ook al tot ’n fyn kuns ver­vol­maak is.

Dit kon nou weer ge­sien word toe ’n ge­wo­ne amp­te­naar van­dees­week oor be­weer­de Gup­ta-on­ge­rymd­he­de die trek­pas ge­kry het. Die kop van Kim Da­vids, per­soon­li­ke as­sis­tent van Lyn­ne Bro­wn, mi­nis­ter van o­pen­ba­re on­der­ne­mings, het weens die so­ge­naam­de #Gup­taLe­aks-e-pos ge­rol.

Na­tuur­lik moet haar kop rol as daar on­ge­rymd­he­de was, maar waar­om sit ver­skeie mi­nis­ters en an­der hoë amp­te­na­re wat van die Gup­ta-fa­mi­lie se guns­te en ga­wes ge­bruik ge­maak het steeds knus in hul pos­te?

Ook met die lan­ding van die Gup­tas se gas­te op die Wa­ter­kloof-lug­mag­ba­sis is ge­ko­öp­teer­de na­pra­ters in­ge­span om pres. Ja­cob Zu­ma se spo­re dood te vee en moes amp­te­na­re la­er af in die voed­sel­ket­ting die skuld kry. Zu­ma-hul­le wou hê SuidA­fri­ka­ners moet glo dat hy niks van die lan­ding van sy guns­te­ling fa­mi­lie ge­weet het nie.

Net soos hy ook ver­wag dat Suid-A­fri­ka moet glo dat hy niks ge­weet het van mil­joe­ne ran­de wat on­der sy neus – ja, by sy per­soon­li­ke wo­ning – op N­kand­la ver­mors is nie. Ook dit was al­les la­er amp­te­na­re se skuld, want hoe kan daar tog van die pre­si­dent ver­wag word om te vra waar die pa­leis­ag­ti­ge wo­ning wat in sy ag­ter­plaas ver­rys van­daan kom en wie nou eint­lik daar­voor be­taal.

Te­rug by Bro­wn en Tru­man se mot­to. Bro­wn het as ver­ant­woor­de­li­ke mi­nis­ter vir staat­sen­ti­tei­te soos E­s­kom self baie om te ver­dui­de­lik.

Te mid­de van die erns­ti­ge be­we­rings van voor­val­le van staat­skaping en vrae wat steeds oor B­ri­an Mo­le­fe se rol by E­s­kom hang, word reeds nu­we vrae ge­vra oor hoe se­ke­re sleu­tel aan­stel­lings op Bro­wn se wag­beurt plaas­ge­vind het.

In die bre­ër kon­teks is ie­mand soos Bro­wn óók maar ’n amp­te­naar la­er af in die voed­sel­ket­ting. Nog­maals: Al­le paaie lei na Zu­ma.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.