Dr. Da­nie al­tyd deeg­lik, vrien­de­lik

Beeld - - Kommentaar - Ma­rie van Eck, Hei­del­berg

Ek was se­dert 1978 ’n pa­si­ënt van die gi­ne­ko­loog dr. Da­nie van der Walt toe hy nog ’n al­ge­me­ne prak­ti­syn was.

Na­dat hy as ’n gi­ne­ko­loog ge­spe­si­a­li­seer het, het hy my gi­ne­ko­loog ge­word.

Al het ons ’n paar jaar ge­le­de uit eMa­lahle­ni (Wit­bank) ver­huis, het ek hom steeds el­ke jaar vir my on­der­soek be­soek. In al hier­die tyd as sy pa­si­ënt het ek net die bes­te diens van hom ont­vang.

Hy is vrien­de­lik, deeg­lik, ge­steld op die reg­te pro­se­du­re, nooit haas­tig nie en al­tyd baie pro­fes­si­o­neel.

Ek is jam­mer dat Pa­me­la Da­we­ti oor­le­de is, maar die Raad vir Ge­sond­heid s be­roe­pe van Suid-A­fri­ka het al in 2006 be­vind dat geen me­die­se per­so­neel ver­ant­woor­de­lik is vir haar dood nie. Oor land­dros Marlene G­rey­ven­stein het ek min te sê, ver­al ná haar uit­spraak dat dr. Van der Walt geen be­rou ge­toon het nie.

Sy ken hom nie eens nie en het nie die af­ge­lo­pe 11 jaar in sy skoe­ne ge­stap nie.

Ek hoop sy kry nooit so ’n goeie dok­ter soos dr. Van der Walt in haar le­we no­dig nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.