Bou van Me­du­pi, Ku­si­le wek ag­ter­dog

Beeld - - Kommentaar - Ko­bus Ter­blan­che, Mid­del­burg

Daar is aan ons ver­tel dat beurt­krag die oor­saak was van die ag­ter­bak­se, kor­rup­te ma­ni­pu­le­ring van steen­kool af­le­we­raars.

Nou ewe skie­lik het ons meer as ge­noeg krag. Dit laat ’n mens won­der waar­om die krag­sta­sies Me­du­pi en Ku­si­le ge­bou word. Weeg die e­ko­no­mie­se moont­lik­he­de van dié mas­sie­we krag­sta­sies vir “trog­vre­ters” swaar­der as die werk­lik­heid van nog t­wee kli­maat be­soe­de­laars?

Dit ter­wyl daar ’n wye keu­se is van skoon, om­ge­wings­vrien­de­lik e ma­nie­re om krag op te wek en te ge­ne­reer?

As ek ver­keerd is, ver­ge­we my, maar dis net mens­lik om as ’n vuis­voos bur­ger dees­dae al­les met ag­ter­dog te be­je­ën.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.