Goeie Nuus

Laat God jou ver­ras

Beeld - - Middelblad -

Kan God ons nog ver­ras? In­spi­reer ons eie ge­loof in die He­re ons met die no­di­ge waag­moed om op nu­we ge­loof­s­paaie saam met Hom te stap? Is ons met al ons in­druk­wek­ken­de te­o­lo­gieë en goed ge­or­ga­ni­seer­de ker­ke nie so in be­heer van sa­ke dat ons gods­diens in hoogs voor­spel­ba­re en dood­vei­li­ge ba­ne af­speel nie?

Hoe­veel van ons het nog die waag­moed om ons diep­ge­wor­tel­de be­hoef­tes aan be­heer, be­kend­heid en vei­lig­heid in te ruil vir die “on­vei­lig­heid” van ’n ver­ras­sen­de le­we saam met die He­re? En vir ak­tie­we diens tus­sen an­der­soor­ti­ges, an­ders­den­ken­des en kie?

Ons is deur Chris­tus ge­roep om sout wees wat smaak gee daar waar dit saak­maak. Sout wat heel­tyd op kerk­li­ke sout­myn­ho­pe rond­lê, help niks.

As ons nie goeie sout op die reg­te plek­ke vir die He­re is nie, is ons gees­te­li­ke rak­leef­tyd be­sig om te ver­stryk. Dan is ons “ver­val­da­tum” op han­de.

Slegs wan­neer ons God se Gees toe­laat om ons met ’n nu­we leef­wy­se te ver­ras, raak ons ge­loof vars en bruik­baar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.