Mis­daad­noir met ste­wi­ge skep i­ro­nie

Beeld - - Vrydag - Her­man La­te­gan Ba­by D­ri­ver Ak­sie/mu­siek/mis­daad

As jy van vin­ni­ge mo­tors, mooi maar ge­vaar­li­ke men­se en pol­sen­de mu­siek hou, is hier­die jou doe­pa. Die klank­baan is soos smeu­len­de a­sem wat teen jou ore hyg, on­rus­ba­rend soms.

Ba­by D­ri­ver is mis­daad-noir, met ’n eet­le­pel i­ro­nie, ’n tee­le­pel draak­ste­ke­ry, ste­wi­ge en e­we­re­di­ge to­neel­spel, as­ook vlym­skerp re­di­ge­ring en re­gie.

Die lig­ging? Die me­ta­fo­rie­se klip­har­de, wye en uit­ge­strek­te A­me­ri­kaan­se me­tro­po­lis At­lan­ta, die dra­ma­tis per­so­nae ’n bon­te sa­me­raap­sel van pa­to­lo­gie­se bui­te­stan­ders en skob­be­jak­ke.

Dan is daar Ba­by (An­sel El­gort), met sy weer­lo­se jong­kê­rel­ge­sig wat lyk as­of hy op die skool­ban­ke moet sit eer­der as om met hier­die spul ge­har­de wil­de­wrag­tigs uit te hang. Sy ka­me­ra­de is die­we wat in ’n jap­trap kan toe­slaan, steel en dan weg­jaag.

Hy is die be­stuur­der en hy ken sy sto­rie. As hul­le in sy mo­tor spring, is dit voet in die hoek, deur ag­ter­stra­te, ver­keers­lig­te, oor sy­paad­jies, ge­we­re wat skie­te n rond­om­ta­lie to­ne­le met skreeu­en­de ban­de wat jou be­dwelmd gaan laat voel. Dit is pu­re bo­baas­ja­er-bal­let.

El­gort is in die werk­li­ke le­we ook ’n be­ken­de pla­te­jog­gie, on­der die naam An­sølo.

Sy koel­kom­kom­mer-son­bril word am­per nooit af­ge­haal nie, ook nie sy oor­fo­ne nie. Hy het die ek­sen­trie­ke ge­woon­te om in die ge­heim ge­sprek­ke op te neem en dan mu­siek daar­van te maak.

Die hoof van dié ben­de is Doc, ver­tolk deur Ke­vin S­pa­cey, wat met ’n on­heil­spel­len­de glim­lag op sy bak­kies vir jou laat ver­staan hý is baas van die plaas.

Ja­mie Foxx as Bats laat jou lig­gies be­we op plek­ke wat jy nie eens ge­weet het be­staan nie.

Daar is ook ’n ti­pie­se rooi ne­on­lig A­me­ri­kaan­se di­ner met ’n jong vrou, ene De­bo­ra, wat al van ver af na moei­lik­heid lyk. Sy en Ba­by wil graag meer as net klets­praat­jies maak en met melk­skom­mels rin­kink.

Dié ka­rak­ter word bril­jant deur Li­ly Ja­mes ver­tolk. Sy is stout, snaaks, pro­vo­ka­tief.

Wan­neer sy sê sy sou graag die lang­pad na nê­rens wou vat, in ’n mo­tor wat sy nie kan be­kos­tig nie, en met plan­ne wat nie be­staan nie, weet jy sy en hy hoort saam. “Net ek, my mu­siek en die on­be­ken­de pad,” sê sy.

“Ja, ek sal daar­van hou,” ant­woord

hy. Dit is dan wan­neer jy weet: Hiér kom dik­ke­den­sie!

■ Met o.a. An­sel El­gort en Li­ly Ja­mes. Re­gie: Ed­gar W­rig­ht. 112 mi­nu­te. Ou­der­doms­perk: 16TG

Ba­by (An­sel El­gort) ken sy mu­siek, het ’n gel­di­ge ry­be­wys en maak a­mok in Ba­by D­ri­ver.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.