Daar’s weer suur­stof in sy lon­ge

So­li P­hi­lan­der is te­rug met ’n nu­we ver­hoog­stuk en ver­tel hoe­kom ver­vul­ling vir hom meer be­te­ken as er­ken­ning. Deur Ma­ret­ta Bel­lin­gan.

Beeld - - Vrydag -

So­li P­hi­lan­der kyk my vier­kant in die oë en sê on­om­won­de: “Dit het ’n ruk­kie ge­vat om hier te kom, maar ek is nou op ’n baie goeie plek.”

Die feit dat hy vir die eer­ste keer in ’n he­le paar jaar weer ’n stuk op die plan­ke het, is ge­wis ’n uit­vloei­sel hier­van, sê hy.

“Ek het ’n paar jaar ge­le­de be­sef al­les is nie pluis in my psi­ge nie. Ag jong, die le­we neem mos net oor. Jy’t ’n ge­sin, jy’t ver­ant­woor­de­lik­he­de, jy maak kom­pro­mieë… Daar was ’n tyd toe ek har­der pro­beer het om wat ek ge­glo het an­der van my ver­wag uit te leef.”

De­ka­des lank het hy die golf van suk­ses ge­ry. Ge­lief­de ak­teur, ko­me­di­ant, re­gis­seur, skry­wer, ra­di­o­aan­bie­der, se­re­mo­nie­mees­ter… Hy was al­mal se So­li en So­li wou al­mal ge­luk­kig maak. En toe lees ons van ’n voor­val by die ra­di­o­sta­sie waar hy ge­werk het, ’n ruk la­ter breek die nuus dat hy ná 30 jaar van sy vrou, To­ni, skei…

Tyd vir a­sem­haal

Dis drie jaar la­ter en So­li meen daar is weer suur­stof in sy lon­ge. Nie dat hy met op­set die kol­lig ver­my het nie.

“Ek het deur­gaans bly werk, maar toe­val­lig nie in die main­stre­am a­re­na nie. Men­se vra nog­al: ‘Waar was jy’, maar ek was nê­rens nie, ek was die heel­tyd hier,” sê hy lag­gend.

So­li was on­der meer die dryf­krag ag­ter die aan­lyn ra­di­o­sta­sie Taxi Ra­dio, wat vyf jaar lank uit­ge­saai het, hy het ook vier jaar lank aan en af in die land ge­toer saam met Pick n Pay se S­pell C­heck, doen baie kor­po­ra­tie­we werk en is steeds be­trok­ke by die ont­wik­ke­ling van jong ta­lent.

“En ek het vir drie ou­di­sies by Suid­oos­ter ge­gaan, maar dit lyk my ek het my tou­ch ver­loor,” grin­nik hy droog­weg. “O ja, en ek was in die pan­to­mi­me Aspoes­ter­tjie saam met I­zak Da­vel en Kar­lien van Jaars­veld; dit was heer­lik.”

Skei is sleg

Tus­sen­deur het hy die stuk­ke pro­beer op­tel ná sy eg­skei­ding en er­ken dit was nie al­dag ewe mak­lik nie.

“Die eg­skei­ding was ’n lang tyd seer en swaar, maar van­dag gaan dit goed. Dit is won­der­lik om een van ’n ‘ons’ te wees, maar jy ver­loor tog iets van die ‘ek’ in die pro­ses. Ek het net een og­gend op­ge­staan en ge­weet dit is die pad vo­ren­toe. To­ni is ’n a­ma­zing mens, sy sal al­tyd daai een wees wat my sin­ne klaar­maak…

“Toe ek aan Ni­ce Co­at be­gin skryf het, het ek weer be­sef hoe ’n be­lang­ri­ke deel sy van my le­we was. Skie­lik was my klank­bord nie meer daar nie, maar jy moet aan­pas en deur­druk. En sy maak nog steeds die lek­ker­ste flip­pen kof­fie.”

As jy jon­ger is, sê die 56-ja­ri­ge ak­teur, is dit won­der­lik as al­mal jou ken en jou op die rug klap, maar nou voel hy net dank­baar as hy op hier­die ge­ge­we oom­blik sy doel ver­we­sen­lik en nie Son­dag in Rap­port daar­van hoef te lees nie.

“Iets moet my in­spi­reer voor­dat ek ’n pro­jek aan­pak en my in­spi­ra­sie vir Ni­ce Co­at is die Kaap. Die Kaap het soms ’n ne­ga­tie­we beeld in die me­dia, maar daai is nie mý Kaap nie. Die Kaap is an­ders en ek is ’n pro­duk van daai an­ders­heid.

“Die mens­lik­heid en uit­hou­ver­moë van Ka­pe­naars in­spi­reer my. Ons men­se gaan soms deur vrees­li­ke din­ge, maar hul­le druk deur en gaan aan.”

Sy nu­we een­man­ver­to­ning is in rym­vorm ge­skryf, want dít is waar­in die hu­mor lê, ver­dui­de­lik hy. “Dit val vir my op die Kaap­se tong,” sê

‘‘

Iets moet my in­spi­reer voor­dat ek ’n pro­jek aan­pak en my in­spi­ra­sie vir Ni­ce Co­at is die Kaap.

die man wat be­kend is vir sy ko­mie­se werk, maar geen moei­te er­vaar om S­ha­ke­spea­re te lees nie.

Oud­word is nie so erg nie

So­li is die pa van vier vol­was­se kin­ders – Da­nya (29), wat in S­kot­land saam met haar man woon, Ky­la (25), Ca­leb (23) en Et­han (21).

“Ek is mal oor my kin­ders, ek is trots op wie en wat ek en To­ni die wê­reld in­ge­stuur het. Ek sê al­tyd ek is baie lief vir my kin­ders, maar ge­luk­kig hou ek ook van hul­le.

“Ek is net so bled­die ge­ïr­ri­teerd dat ek nog nie ou­pa is nie! Maar dalk moet jy dit nie skryf nie, dit maak hul­le vies as ek so skimp.

“Ek het nie ’n is­sue met die ou­der­dom nie, maar ai man, as jy sog­gens op­staan en al­les kraak en jy kyk in die spie­ël en dit lyk as­of ie­mand jou ge­sig ge­steel het… En al daai ke­re dat jy ’n ver­trek in­loop en geen i­dee het wat jy daar soek nie.

“Maar die ou­der­dom het sy plus­pun­te, dis by­voor­beeld baie goed­ko­per om ge­trek te raak.

“Ek het al­tyd ge­sê as ek een­dag oud is, gaan ek so ef­fe vul­gêr wees, so ef­fe on­ge­dul­dig en bie­tjie baie self­sug­tig. Ek is nog nie heel­te­mal daar nie, maar ek is sterk op pad.

“Ek da­te, maar ek het geen i­dee wat ek doen nie. Dis ’n ab­so­lu­te land­myn­veld, maar jy vlok maar voort, jong.”

Hy is ook mal daar­oor om fo­to’s te neem en ver­tel lag­gend dat sy kin­ders wei­er om saam met hom in die straat te loop, want hy wil al­les af­neem.

By die huis sal hy dit re­di­geer en dan op In­sta­gram plaas.

Hy hun­ker dalk nie meer na die kol­lig nie, maar So­li P­hi­lan­der is dui­de­lik nog lank nie uit­ge­kui­er nie.

So­li P­hi­lan­der

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.