Só werk Ly­nel­le met haar geld

Ly­nel­le Ken­ned (29) is die aan­bie­der van die nu­we fi­nan­si­ë­le pro­gram op kykNET waar sy goeie geld­maak­wen­ke met ky­kers deel. Sy be­ant­woord Teré­sa Coet­zee se vrae.

Beeld - - Vrydag -

Het die te­le­vi­sie­ en ver­maak­lik­heids­wê­reld jou al­tyd ge­ïn­te­res­seer?

Glad nie! Ek was maar ’n een­kant­kind wat my­self in mu­siek en boe­ke ver­loor het. In gr. 11 het my sang­juf­frou voor­ge­stel dat ek o­pe­ra by die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad gaan stu­deer. My TV-de­buut was eers ja­re la­ter, in 2012.

Jy het des­tyds deel­ge­neem aan Top Bil­ling se kom­pe­ti­sie waar hul­le ’n aan­bie­der ge­soek het en jy was een van die fi­na­lis­te. Was dit ’n goeie weg­spring­blok in jou loop­baan?

Ab­so­luut. Die kom­pe­ti­sie het plaas­ge­vind na­dat ek reeds my stu­die vol­tooi het. Dit het my die no­di­ge vaar­dig­he­de ge­gee om ’n aan­bie­der te wees, en ek was ge­volg­lik vir vier jaar daar­na deel van die Pa­sel­la-span, waar­na ek Jý Geld be­gin aan­bied het.

Jy is ’n op­ge­lei­de o­pe­ra­san­ge­res. Ver­tel ’n bie­tjie meer.

Ek was van 2007 tot 2011 af by die UCT-o­pe­ra­s­kool. Se­dert Top Bil­ling het my loop­baan an­der draaie ge­volg. Ek tree ge­reeld in kon­ser­te en by kor­po­ra­tie­we funk­sies op, en is se­dert 2013 op die ver­hoog met ver­skeie mu­si­ka­le te­a­ter­pro­duk­sies – ek het ’n F­leur du Cap-prys ge­kry vir my ver­tol­king van Ma­ria in West Si­de S­to­ry in 2015, en was al te sien as Ma­ria in The Sound of Mu­sic, Ju­lie in S­how Bo­at, Mat­tie Al­len in Da­vid Kra­mer se Orp­he­us in A­fri­ka, en Kla­ra in Hei­di.

Van­jaar het ek en kol­le­gas Al­bert Com­brink en C­lint Les­ch ook ’n Fi­ës­ta-toe­ken­ning vir ons re­ci­tal Hun­ke­ring na die Ses ver­werf.

Ver­tel meer oor die reeks Jý Geld.

Jý Geld is ’n toe­gank­li­ke en prak­tie­se bron van fi­nan­si­ë­le kun­dig­heid – die pro­gram bied die ky­ker raad en by­stand om hul­le fi­nan­sies op die slim­ste moont­li­ke wy­se te be­stuur, van hul eer­ste sa­la­ris af tot ná af­tre­de. Ver­wag om ver­stom en ver­ras te word!

Wat was van die waar­de­vol­ste les­se oor geld wat jy ge­leer het?

Ek was nie be­wus van juis hoe be­lang­rik dit is om vroeg te be­gin spaar nie – ’n klei­ner be­drag oor ’n lan­ger tyd­perk trek meer ren­te as ’n groot be­drag wat eers la­ter weg­ge­sit word. Ook, ons moet kan on­der­skei tus­sen goeie en sleg­te skuld – ren­te kan ’n mens maak of breek!

Hoe is jou ver­hou­ding met geld?

Al­les wat ek voor­heen van geld ge­weet het, het ek van my ma ge­leer. Ek het ’n paar jaar ge­le­de ’n uit­tree­an­nu­ï­teit be­gin. Maar ek was al­tyd skrik­ke­rig vir be­lê en ei­en­dom aan­koop. Nou het ek die ken­nis om my fi­nan­si­ë­le dro­me gou­er te ver­we­sen­lik en be­ter vir my toe­koms te be­plan.

Waar­op gee jy die mees­te van jou geld uit?

My groot­ste be­derf na­dat my maan­de­lik­se uit­ga­wes ge­dek is, is om te be­plan om te reis. Ek het ver­le­de jaar in Por­tu­gal en S­pan­je ge­stap, was vroe­ër van­jaar in T­hai­land, Kam­bod­ja en Vi­ët­nam, en be­plan oor De­sem­ber en Ja­nu­a­rie ’n reis na In­dië om jo­ga-op­lei­ding te doen.

As jy vir vroue een wenk oor geld kan gee, wat sal dit wees?

Ken­nis is jou groot­ste wa­pen. Be­mag­tig jou­self. Dis nie so vrees­aan­ja­end as jy met ’n plan te werk gaan nie.

Fo­to: SE­AN BRAND

Ly­nel­le Ken­ned, aan­bie­der van Jý Geld op kykNET.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.