Jo Black ook by Lief­de by die dam

Beeld - - Vrydag -

Jo Black is ook een van die san­gers wat Son­dag in die kon­sert Lief­de by die dam by die Em­ma­ren­ti­a­dam in Jo­han­nes­burg op­tree.

Lief­de by die dam, ge­noem na Va­li­ant Swart se be­ken­de ge­lyk­na­mi­ge tref­fer, sorg vir ’n bie­tjie lief­de vir jonk en oud, en soos ver­le­de jaar gee dit ook lief­de te­rug.

Jo Black tree op saam met Die Heu­wels Fan­tas­ties, Ri­a­na Nel, Fran­cois van Co­ke, T­re­sor, Lau­ri­ka Rauch, Ma­jo­zi, JR en Lo­ki Roth­man.

2016 se kon­sert­gan­gers is aan­ge­moe­dig om­hul piek­niek kom­ber­se aan wel­syns­or­ga­ni­sa­sie ste skenk. Die i­ni­si­a­tief was ’n weg­hol­suk­ses met hon­der­de kom­ber­se wat in­ge­sa­mel en ge­skenk is.

Van­jaar wil die or­ga­ni­seer­ders méér doen. Die kom­pe­ti­sie “Lief­de wen, al­tyd” is be­gin waar deel­ne­mers ’n fo­to van hul­self op die Facebook E­vent­blad, In­sta­gram of T­wit­ter moet laai waar hul­le ’n on­baat­sug­ti­ge daad doen. El­ke deel­ne­mer sal pry­se wen as be­lo­ning: van kaart­jies en Lief­de wen­goe­de­re, tot ’n pri­vaat ver­to­ning deur Die Heu­wels Fan­tas­ties en ve­le meer. Maak se­ker jy ge­bruik die amp­te­li­ke huts­mer­ke #Lief­deWen en #Lief­deByDieDam wan­neer jy jou in­skry­wings op so­si­a­le me­dia laai.

Vir jou dag by die dam sal ’n heer­li­ke reeks van Suid­A­fri­ka se bes­te kos­stal­le­tjies teen­woor­dig wees.

Bring jou eie piek­niek­mand­jie en kom­bers vir die per­fek­te vie­ring van jeug­dig­heid en mu­siek.

Die kon­sert duur van 10:00 tot 16:00. Kaart­jies kos R165 aan­lyn en R200 by die hek. PLUS­kaart­jies kos R600 en sluit on­der meer pri­va­te bad­ka­mers en kroeë in. Kin­ders on­der 12 be­taal R75. Be­spreek by Com­pu­tic­ket. Be­soek lief­debydiedam.co.za vir meer in­lig­ting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.