Dié spin­ne­kop­pe hét 10 000 km ver ge­reis

Beeld - - Nuus - El­sa­bé B­rits

’n Groep val­deur spin­ne­kop­pe het mil­joe­ne ja­re ge­le­de van Suid-A­fri­ka­na Aus­tra­lië op ’n tog van 10 000 km ge­reis.

Na­dat al­le an­der moont­lik­he­de uit­ge­ska­kel is, het Sophie Har­ri­son, ’n dok­to­ra­le stu­dent, en kol­le­gas aan die U­ni­ver­si­teit van A­de­lai­de tot die ge­volg­trek­king ge­kom dat dié val­deur spin­ne­kop­pe die In­die­se O­se­aan moes oor­ge­steek het. Dit het al voor­heen ge­beur met an­der spe­sies wat op ’n “land­vlot” be­land het. Dit is ’n groot stuk grond en plan­te­groei wat van die vas­te­land af­breek en na die see uit­ge­spoel word.

Die spin­ne­kop (Mog­grid­gea rain­bow) kom net op Kan­ga­roo-ei­land aan die suid­wes­kus van Aus­tra­lië voor.

Vol­gens die na­vor­sing wat pas in die vak­joer­naal Plos One ver­skyn het, is dit van die­self­de ge­nus as die een wat net in Suid-A­fri­ka voor­kom. ’n Mens sou dink die spin­ne­kop­pe het van me­kaar ge­skei toe A­fri­ka en Aus­tra­lië deel was van een land­mas­sa, Gond­wa­na, maar ge­ne­tie­se ont­le­ding wys dit is nie die ge­val nie. Die ge­nus het daar­na in t­wee spe­sies ver­deel – tus­sen 2 mil­joen en 16 mil­joen jaar ge­le­de. Dit was dus ook nie men­se wat hul­le soon­toe ge­neem het nie.

Dié spin­ne­kop­pe het ook op die Co­mo­ro-ei­lan­de be­land.

Vol­gens die na­vor­sing gra­we die val­deur­spin­ne­kop ’n gaat­jie en sou hul­le heel vei­lig ge­wees het daar­in. Dit is be­lyn met sy wat hul­le spin. Hul­le is so­wat 2,4 cm lank en be­weeg nie ver in hul he­le leef­tyd nie.

Fo­to: NICK BIRKS

Die spe­sie val­deur­spin­ne­kop, na­by sy val­deur en gaat­jie, wat oor die In­die­se O­se­aan ge­reis het van Suid­A­fri­ka na die Kan­ga­roo­ei­land in Aus­tra­lië.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.