Bob­be­jaan met strik om die poot ge­red

Beeld - - Nuus -

’n Bob­be­jaan­wy­fie van Knys­na is ge­red na­dat ’n strik om haar poot be­land het.

Die bob­be­jaan is ’n tyd­jie ge­le­de deur in­wo­ners op­ge­merk, sê Jen­ni T­ret­ho­wan van die Kaap­se or­ga­ni­sa­sie Ba­boon Mat­ters. “Sy het haar lin­ker­voor­poot op ’n snaak­se ma­nier ge­hou.”

Die bob­be­jaan, wat in­tus­sen Ni­ki­ta ge­doop is, is op­ge­spoor en ge­help dank­sy ’n po­ging van be­lang­heb­ben­des.

Die soek­tog na die bob­be­jaan het op 28 Ju­lie be­gin.

Haar trop is ná t­wee dae ge­vind, maar daar was geen te­ken van Ni­ki­ta nie. Sy is eers die vol­gen­de dag ge­waar en ’n plan is be­raam om haar te vang so­dat die strik ver­wy­der kon word.

’n Vang­hok is ge­stel en sy is Dins­dag ge­vang. Ni­ki­ta is op die to­neel deur ’n vee­arts be­han­del. Ge­luk­kig was dit nie no­dig om die poot te am­pu­teer nie. Vol­gens T­ret­ho­wan was die bob­be­jaan se poot ef­fe ge­swel.

“Ons is nie se­ker hoe die strik om haar poot be­land het nie,” sê sy.

Die strik – ’n stuk draad – is ver­wy­der, die wond skoon­ge­maak en an­ti­bi­o­ti­ka is toe­ge­dien. Ni­ki­ta het haar toe weer by die trop aan­ge­sluit.

Vol­gens T­ret­ho­wan kom die spe­si­fie­ke bob­be­jaan­trop in die om­ge­wing van Eas­t­ford en Si­mo­la ge­sond en goed ge­voed voor. On­lang­se bran­de in Knys­na en die om­lig­gen­de om­ge­wing het tal­le wil­de die­re se wei­ding ver­nie­tig.

– Jackie Kru­ger

Fo­to: BA­BOON MAT­TERS

Die bob­be­jaan­wy­fie vroe­ër met die strik om die poot.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.