1ste blom op aar­de lyk soos mag­no­lia

Beeld - - Nuus - El­sa­bé B­rits

Die wê­reld se eer­ste blom so­wat 140 mil­joen jaar ge­le­de het baie soos ’n mag­no­lia ge­lyk.

’n In­ter­na­si­o­na­le span we­ten­skap­li­kes het on­der meer ’n drie­di­men­si­o­ne­le re­kon­struk­sie van die moe­der van al­le blom­plan­te ge­doen deur na die ge­ne­ti­ka van dié plan­te te kyk. Die re­kon­struk­sie her­in­ner baie aan ’n he­den­daag­se mag­no­lia.

Vol­gens die stu­die wat pas in die vak­joer­naal Na­tu­re Com­mu­ni­ca­ti­ons ver­skyn het, was dit moei­lik om te be­paal hoe die eer­ste blom­me ge­lyk het om­dat fos­sie­le daar­van be­perk is. Die blom­plan­te ver­teen­woor­dig so­wat 90% van al­le he­den­daag­se plan­te op aar­de en stam af van ’n en­ke­le voor­saat wat 140 mil­joen jaar ge­le­de ge­leef het.

Dié voor­saat kon op­ge­bou word deur mo­del­le van blom­e­vo­lu­sie op te bou met ’n uit­ge­brei­de da­ta­ba­sis van blom­me wat reeds uit­ge­sterf het. Die re­kon­struk­sie wys die oer­plant het man­li­ke en vrou­li­ke de­le ge­had, en bla­re wat in groe­pe van drie voor­ge­kom het, vol­gens die na­vor­sing.

Van­dag be­staan blom­plan­te uit so­wat 300 000 spe­sies.

Fo­to: HERVÉ SAUQUET & JÜRG SCHÖNENBERGER

’n Drie­di­men­si­o­ne­le beeld van die heel eer­ste blom­plant, 140 mil­joen jaar ge­le­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.