Fliek oor vroue laat jou dink oor vrien­de

Beeld - - Nuus - Mar­gue­ri­te van Wyk Gi­rl T­rip Ko­me­die Gi­rl T­rip.

Gi­rl T­rip is ’n vie­ring van vrou­wees en vriend­skap

Maar dit is plek-plek rof en on­be­skof. As jy nie hou van vloek of vuil­praat­jies nie, bly weg. En tóg, dit is deur­spek met mens­lik­heid. . .

Vier goeie vrien­din­ne – wat op ho­ër­skool be­kend ge­staan het as die Flos­sy Pos­se – kom ná ja­re weer by­me­kaar dank­sy Ry­an (Re­gi­na Hall), die ce­leb-vrien­din, wat haar nu­we boek, You Can Ha­ve It All, in New Or­le­ans be­kend stel.

Ry­an se le­we lyk op die oog af as­of sy al­les het: sy is mooi, ryk, ge­troud met “Me­neer Per­fek’’ (Mi­ke Col­ter) . . . Maar sy ver­lang na haar vrien­din­ne en nooi hul­le saam na dié VIP-ge­leent­heid.

Hul­le laat nie op hul­le wag nie: Sasha (Qu­een La­ti­fah) is ’n ce­leb-skin­der-blog­ger, met chut­z­pah en ’n groot per­soon­lik­heid om by haar gul kur­wes en diep stem te pas. Lisa (Ja­da Pin­kett S­mith), is de­li­kaat, met die kle­re­drag van ’n bi­bli­o­te­ka­res­se, en ’n en­kel­ma, wie se lief­des­le­we vaal is, maar wag tot sy eers bie­tjie los­ge­laat word en haar vrien­din­ne haar on­der han­de neem . . . En dan is daar die heup­swaai­en­de seks­kat Di­na (Tif­fa­ny Had­dish), wat pas af­ge­dank is en die een ná die an­der in­si­dent ver­oor­saak met haar groot mond en on­na­den­ken­de sê­goed.

Sy is flam­bo­jant met reu­se oor­rin­ge, rooi lip­pe, ’n bos­kaas en ja, sy is wild en . . . róf.

Die vroue drink en dans, tof op, flan­keer . . . Maar hul­le kniel ook langs die bed en sê dan­kie vir hul voor­reg­te. En kan hul­le ba­klei! Ja­re­lan­ge din­ge­tjies – wat mos maar tus­sen vrien­de op­krop – bor­rel in hul mid­del­ja­re, waar men­se net nie meer krag het om fa­sa­des voor te hou nie, on­be­van­ge op. Hul­le skree, snou me­kaar le­li­ke din­ge toe, huil, wip hul­le . . . Die wit­warm che­mi­stry tus­sen hul­le vonk op die skerm en sorg vir lek­ker kyk­ge­not.

El­ke vrien­din leer ty­dens dié reis ’n be­lang­ri­ke ding oor haar­self . . . Ry­an be­sef sy hóéf nie voor te gee dat sy al­les het nie, want nie­mand is per­fek nie en die oom­blik dat sy eer­lik is oor wie is, gaan méér deu­re in haar le­we oop. Lisa be­sef jy kan soms méér as net ’n ma wees en jou­self oor­gee aan die lek­ker­te van die le­we . . . Ry­an dink na oor haar (ver­keer­de) loop­baan­keu­se. Daar is in­tro­spek­sie in die mid­del­ja­re.

Die re­gis­seur Mal­colm D Lee wou dui­de­lik pro­beer om ste­re­o­ti­pes rond­om A­fri­can A­me­ri­can vroue – soos die ma­nier wat hul­le ba­klei – af te breek. Hoe­wel hul­le in dié rol­prent hul sê sê, is daar deu­ren­tyd ’n soort be­grip en re­spek vir die “sis­ter­hood”.

Die Flos­se Pos­se dwing ’n mens om jou eie vriend­skap­pe te e­va­lu­eer: Soek jy vrien­de wat jou uit­daag om jou wa­re po­ten­si­aal te be­reik of is jy te­vre­de om bloot aan te kar­ring soos in die ver­le­de en in droom­land te leef.

. . . Keu­ses.

‘‘

El­ke vrien­din leer ty­dens dié reis ’n ding oor haar­self

■ Met Qu­een La­ti­fah, Ja­da Pin­ket S­mith, Tif­fa­ny Had­dish en an­der. Tyds­duur: 122mi­nu­te. Ou­der­doms­perk: 16DTS.

Tif­fa­ny Had­dish, Ja­da Pin­kett S­mith, Re­gi­na Hall en Qu­een La­ti­fah in die A­me­ri­kaan­se ko­me­die

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.