De Ruit te sien in 3de ‘Mam­ba’

Werk ook aan nu­we ro­man oor suk­ke­len­de Suid­A­fri­ka­ner in Lon­den

Beeld - - Nuus - Fo­to: VAL ADAMSON

John van de Ruit, skry­wer van on­der meer die be­ken­de Spud­boek­reeks, sit sy ge­wil­de Mam­ba­reeks saam met Ben Voss in Jo­han­nes­burg voort. Hy ge­sels met AJ Op­per­man oor on­der meer sy ver­jaar­dag wat hy met A­dolf Hit­ler deel, die le­we ná Spud, en ’n nu­we ro­man waar­aan hy skryf. Hoe het jy en Ben hier­die to­neel­stuk aan­ge­pak?

Met Mam­ba Re­pu­blic (die eer­ste was G­reen Mam­ba en Black Mam­ba het dit op­ge­volg) het ons vir ’n jaar heel dik­wels by­me­kaar­ge­kom en kop­pe by­me­kaar­ge­sit oor skets­ma­te­ri­aal. Daar­na het ons ons bes­te i­dees ge­neem en dit in ’n teks ver­werk.

Ons het baie hard aan die skryf­pro­ses ge­werk voor­dat ons dit ’n maand voor ons o­pe­ning­speel­vak saam met ons re­gis­seur, Mer­vyn M­cMurt­ry, ge­doen het.

Ons peu­ter ge­reeld aan die stuk na­ma­te po­li­tie­ke en so­si­a­le ge­beu­re plaas­vind en dit voel of geen ver­to­ning ooit die­self­de is nie.

Is dit moei­lik om weer te be­gin skep ná suk­ses­se soos Spud en die Mam­ba­tri­lo­gie?

Ek pro­beer om nie te veel te peins oor my vo­ri­ge werk nie, maar eer­der te fo­kus op die skep­pen­de en le­wens­les­se wat dit my ge­leer het. El­ke pro­jek be­gin met ’n leë re­ke­naar­skerm of ’n oop vel pa­pier en dit hou ’n mens ne­de­rig.

Hoe is jou le­we ná Spud?

Ek is mal oor die post-Spud-ja­re, want ek kon my­self in an­der kre­a­tie­we waag­stuk­ke be­ge­we, ’n bie­tjie ruim­te kry en a­sem skep. Om vier Spud-ro­mans te skryf en die daar­op­vol­gen­de rol­pren­te (met on­der an­de­re die Hol­ly­wood-ak­teur John C­leese in die rol­ver­de­ling) het so baie van my kre­a­tie­we tyd in be­slag ge­neem dat dit vir ’n ge­rui­me tyd al was waar­op ek werk­lik kon fo­kus. In die tus­sen­tyd het ’n mens ou­er ge­word en die drang groei om an­der sto­ries te ver­tel.

Wat dink jy sou Spud (John Mil­ton) van­dag aan­vang?

Ek is se­ker hy sou na Dur­ban ge­vlieg het om af­stand tus­sen hom en sy law­we ou­ers te kry. Ek re­ken hy sou al ’n vrou en ge­sin ge­had het en moont­lik steeds ’n dag­boek ge­had het waar­in hy die waan­sin van sy hui­di­ge le­we ver­woord.

Be­ne­wens Mam­ba, waar­mee is jy be­sig? Dalk ’n nu­we ro­man?

Ek skryf in­der­daad ’n nu­we ro­man.

Die sto­rie be­gin in Clap­ham, Lon­den, waar ’n Suid-A­fri­ka­ner met die naam Mor­ris suk­kel om die mas op te kom. Hy ver­huur sy spaar­ka­mer weens sy gel­de­li­ke pro­ble­me aan Tur­ner, met sy don­ker ver­le­de en twy­fel­ag­ti­ge mo­re­le waar­des. Die sto­rie ge­bruik baie ra­fels uit my vol­was­se le­we.

Dit gaan oor be­rugt­heid, vriend­skap en ge­wel­di­ge teen­spoed en ek hoop dit sal baie snaaks wees.

Waar­om bly jy steeds in Suid­A­fri­ka?

Ek is ’n Suid-A­fri­ka­ner en ek voel ver­bind aan hier­die land. Ek is van na­tu­re ook ’n op­ti­mis.

Met Mam­ba ta­kel jy en Ben tal­le on­der­wer­pe soos teg­no­lo­gie, aan­lyn af­spra­ke, ras­sis­me en #Fees­Mus­tFall. Wat sou jy doen in­dien

John van de Ruit en Ben Voss in Mam­ba Re­pu­blic.

jy die pre­si­dent van Suid­A­fri­ka was?

Ek dink dit is baie mak­li­ker om van bui­te af te praat of ei­se te stel wan­neer die op­tre­de van die re­ge­ring nie vir ons sin maak nie.

Ons maak nog­al ’n paar skerp op­mer­kings oor die rig­ting wat ons land in­slaan, maar ons doen dit met ko­me­die. In­dien ek die pre­si­dent was, sou ek men­se se be­hoef­tes die mid­del­punt van al­les maak. Daar­van­daan sal al­les volg.

Is daar goed in Suid-A­fri­ka wat jou laat lag?

So­veel goed. Daar­om het ek en Ben Mam­ba Re­pu­blic ge­skryf. Kom ons wees nou eer­lik: Ons le­we eint­lik in ’n baie vreem­de ge­meen­skap. Kyk maar na al die wry­wing oor die ja­re heen.

In Mam­ba Re­pu­blic praat jul­le van ’n al­ter­na­tie­we volks­lied. Skep jul­le een in die ver­to­ning?

’n Mu­siek­di­ri­gent pro­beer om die sie­ning en klan­ke van Suid-A­fri­ka in ’n prag­ti­ge nu­we stuk mu­siek vas te vang. On­ge­luk­kig lei die po­gings om die land se po­li­tie­ke fak­sies te ver­e­nig na ’n mu­siekramp, cha­os en twee­drag.

Is daar ’n Suid­A­fri­ka­ner wat jy as ak­teur graag sou wou uit­beeld?

Ek het Hol­land­se bloed, om nie eens van my van te praat nie. Ek sou graag ’n kans wou vat en Jan van Rie­beeck wou ver­tolk as ’n ploe­te­ren­de gek wat per on­ge­luk by die Kaap aan­ge­strui­kel kom.

Hoe voel jy oor jy ’n ver­jaar­dag (20 A­pril) met A­dolf Hit­ler deel?

Ek het ge­meng­de ge­voe­lens oor die saak. Om ’n ver­jaar­dag te deel met ’n volks­moor­de­naar en dik­ta­tor be­te­ken aan die een kant dat jy ’n mo­re­le ge­sags­po­si­sie op daar­die dag het. On­ge­luk­kig kan die kon­stan­te her­in­ne­ring aan so iets nog­al ’n dem­per op ’n ver­jaar­dag­par­ty­tjie plaas, ver­al as s­traw­we drin­kers sy goo­se step op die gras­perk de­mon­streer.

■ Mam­ba Re­pu­blic is tot 20 Au­gus­tus in die T­he­a­t­re on the S­qua­re in Sand­ton op die plan­ke. Ver­to­nings is Dins­dae tot Sa­ter­dae om 20:15 met nog’ n Sa­ter­dag­ver­to­ning om 18:00. Kaart­jies kos R100 tot R140. Be­spreek by Com­pu­tic­ket.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.