Re­ser­we­bank vs. OB, ron­de 2

Beeld - - Nuus - Niel Jou­bert

Die twee­de ron­de in die ge­veg tus­sen die Re­ser­we­bank en die o­pen­ba­re be­sker­mer (OB) het be­gin.

Die Re­ser­we­bank het nóg ’n aan­soek by die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria in­ge­dien vir die her­sie­ning van die OB se ver­slag oor Ban­korp en die “fei­te­li­ke on­ak­ku­raat­he­de daar­in”, het die bank gis­ter ge­sê.

Dit is af­son­der­lik van die aan­soek wat die hof Dins­dag aan­ge­hoor het vir die drin­gen­de her­sie­ning van die OB se aan­be­ve­ling dat die Grond­wet ge­wy­sig word om die Re­ser­we­bank se man­daat te ver­an­der. Die OB staan dié aan­soek nie teen nie.

Reg­ter John Murp­hy het Dins­dag ge­sê hy sal voor 18 Au­gus­tus, wan­neer die OB ’n ant­woord van die Re­ser­we­bank ver­lang, uit­spraak le­wer.

In die nuut­ste stryd vra die Re­ser­we­bank dat die hof die an­der re­me­di­ë­ren­de op­tre­de in die ver­slag her­sien en ter­sy­de stel, on­der meer dat die bank die spe­si­a­le on­der­soek­een­heid (SOE) moet by­staan om die “wan­aan­ge­wen­de o­pen­ba­re geld” te her­win.

Adv. Bu­si­si­we Mkhwe­ba­ne, die OB, het op 19 Ju­nie die be­vin­dings van ’n on­der­soek na die fi­nan­si­ë­le red­ding van Ban­korp in die 1980’s be­kend ge­maak.

Die OB be­veel in haar ver­slag on­der meer aan dat Ab­sa, wat deur Bar­clays A­fri­ca be­sit word, R1,125 mil­jard aan die s­taat moet te­rug­be­taal vir ’n red­dings­pak­ket wat die Re­ser­we­bank des­tyds aan Ban­korp ge­gee het om hom van on­der­gang te red. Ab­sa het Ban­korp la­ter oor­ge­neem.

Ab­sa en die te­sou­rie het die ho­we al ver­soek om die ver­slag te her­sien en die re­me­di­ë­ren­de stap­pe daar­in ter­sy­de te laat stel.

Vol­gens die Re­ser­we­bank se hof­do­ku­men­te is die OB se re­me­di­ë­ren­de op­tre­de in ver­skeie op­sig­te “ge­brek­kig”.

“Dit is ge­grond op ’n fun­da­men­te­le wan­per­sep­sie van die rol wat sen­tra­le ban­ke in o­pen­ba­re be­lang in bui­ten­ge­wo­ne om­stan­dig­he­de ver­vul as ver­skaf­fers van li­ki­di­teit aan ban­ke in fi­nan­si­ë­le ver­knor­sing as le­ners van laas­te uit­weg.”

Die OB ver­soek die SOE om die pre­si­dent so­ver te kry om ’n af­ge­han­del­de on­der­soek te her­o­pen, sê die Re­ser­we­bank. Dit ver­eis on­wet­ti­ge op­tre­de van die SOE en die pre­si­dent en gaan oor geld wat Ab­sa nié skuld nie. Sou hy dit wel skuld, het dit al ver­jaar, sê die Re­ser­we­bank.

“Dit oor­skry die OB se ju­ris­dik­sie en is die pro­duk van ’n on­reg­ver­di­ge pro­ses.”

Die Re­ser­we­bank se ge­bou in die P­re­to­ri­a­se mid­de­stad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.