Me­di­cli­nic be­lê in kli­nie­ke in SA

Beeld - - Nuus - Nel­lie Brand­Jon­ker

Me­di­cli­nic in Sui­der-A­fri­ka het sy eer­ste tree in p­ri­mê­re ge­sond­heid­sorg ge­gee met ’n be­leg­ging in die In­ter­ca­re­groep.

In­ter­ca­re be­sit 18 p­ri­mê­re ge­sond­heids­org­kli­nie­ke waar al­ge­me­ne prak­ti­syns en tand­heel­kun­di­ge diens­te aan­ge­bied word as­ook sub­a­ku­te en dag­hos­pi­ta­le.

Koert P­re­to­ri­us, uit­voe­ren­de hoof van Me­di­cli­nic in Sui­der-A­fri­ka, sê Me­di­cli­nic In­ter­na­si­o­naal het in S­wit­ser­land en die Mid­de-Oos­te kli­nie­ke, maar dit is die eer­ste keer dat hy by kli­nie­ke in Sui­der-A­fri­ka be­trok­ke raak.

P­re­to­ri­us sê dit is hul vi­sie om meer ge­sond­heids­diens­te te be­gin ver­skaf.

Me­di­cli­nic het nog al­tyd hoof­saak­lik op a­ku­te hos­pi­ta­le ge­fo­kus wat deur spe­si­a­lis­te be­dien word. Hy het on­langs dag­hos­pi­ta­le be­gin o­pen en het nou t­wee. In­ter­ca­re het vier dag­hos­pi­ta­le en drie sub­a­ku­te hos­pi­ta­le.

“Dit is ’n vi­sie wat ons die laas­te paar jaar ont­wik­kel het op grond van wat ons in die Mid­de-Oos­te en S­wit­ser­land ge­leer het en wat ons sien die mark in die toe­koms in SuidA­fri­ka no­dig gaan hê.”

Al­bei die tran­sak­sies is on­der­he­wig aan ’n aan­tal voor­waar­des. Die Me­de­din­gings­kom­mis­sie moet on­der meer die be­he­ren­de be­lang wat Me­di­cli­nic in die hos­pi­ta­le wil kry, goed­keur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.