Pa­pier­reu­se: Een styg en een daal

Beeld - - Nuus -

Die pa­pier­ en pulpreus Sap­pi se aan­deel­prys was gis­ter­mid­dag op die JSE 2,3% ho­ër op R88,85 na­dat hy vroe­ër die dag be­kend ge­maak het dat hy ver­der af­be­taal het aan sy skuld.

Dit kom ter­wyl die an­der Suid­A­fri­kaans ge­ba­seer­de pa­pier­groep, Mon­di, se aan­deel­prys met 2,7% tot R339 ge­val het ná ’n da­ling in sy half­jaar­wins.

Sap­pi sê in ’n ver­slag oor sy kwar­taal tot ein­de Ju­nie – die der­de kwar­taal van sy boek­jaar – sy wins is teen $58 mil­joen 81% ho­ër as ’n jaar ge­le­de en $400 mil­joen se kor­po­ra­tie­we ef­fek­te is te­rug­be­taal uit sy eie kon­tant­bron­ne. Dit sal sy net­to ren­te­be­ta­lings met so­wat $21 mil­joen per jaar ver­min­der. Sy net­to skuld is $265 mil­joen min­der as ’n jaar ge­le­de en staan op $1,318 mil­jard.

Sy ver­dien­ste per aan­deel is on­ver­an­derd op 11 A­me­ri­kaan­se sent.

Sap­pi maak sy fi­nan­si­ë­le re­sul­ta­te in dol­lar be­kend, want die mees­te van sy ver­dien­ste word in dol­lar ver­dien.

Sap­pi be­plan ka­pi­taal­be­ste­ding van so­wat $170 mil­joen in sy vier­de kwar­taal.

Oor ’n jaar­tyd­perk het Sap­pi se aan­deel­prys ’n op­brengs van 30% op­ge­le­wer. Maar se­dert ’n hoog­te­punt van R104 in Mei het hy stoom ver­loor en in die jaar tot dus­ver ’n ne­ga­tie­we op­brengs van 1,2% ge­gee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.