Nu­we hoof

Beeld - - Nuus -

Die Suid­A­fri­kaan­se Lugdiens (SAL) het ui­t­ein­de­lik weer ’n per­ma­nen­te uit­voe­ren­de hoof.

Die te­sou­rie het gis­ter aan­ge­kon­dig dat Vuy­a­ni Ja­ra­na aan­ge­stel is by die suk­ke­len­de lugdiens.

Ja­ra­na is tans hoof van Vo­da­com Bu­si­ness by die Vo­da­com­groep. Hy sal by die SAL be­gin na­dat sy hui­di­ge werk­ge­wer hom amp­te­lik vry­stel, sê die te­sou­rie.

Die SAL sit se­dert 2015 son­der ’n per­ma­nen­te uit­voe­ren­de hoof en het in­tus­sen ver­skeie men­se ge­had wat waar­ge­neem het.

Ma­lu­si Gi­ga­ba, mi­nis­ter van fi­nan­sies, sê Ja­ra­na is ver­ant­woor­de­lik vir die om­keer van Vo­da­com Bu­si­ness A­fri­ca van ’n af­de­ling wat ver­lie­se ge­ly het in een wat wins­ge­wend is en groei.

“Ons glo hy sal ’n kern­rol speel om die SAL om te keer,” sê Gi­ga­ba.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.