S­tut­ta­ford aan­ge­kla weens ten­ders

Beeld - - Sake - Niel Jou­bert

S­tut­ta­ford Van Li­nes word van 649 voor­val­le van ten­der­sa­me­span­ning aan­ge­kla.

Dit is die mees­te klag­te teen een en­ke­le maat­skap­py in die ge­skie­de­nis van teen­kar­te­lop­tre­de deur die Me­de­din­gings­kom­mis­sie.

Die kom­mis­sie vra die Me­de­din­gings­tri­bu­naal om die maat­skap­py te be­boet met 10% van sy jaar­lik­se om­set op elk van die 649 klag­te.

Die sa­me­span­ning het plaas­ge­vind met staats­ten­ders vir die ver­voer van meu­bels, sê die kom­mis­sie. Dit sluit in ten­ders wat die pre­si­den­sie, die par­le­ment, die po­li­sie­diens, die SuidA­fri­kaan­se In­kom­ste­diens, die Re­ser­we­bank, die o­pen­ba­re be­sker­mer en pri­va­te maat­skap­pye uit­ge­reik het.

Die klag­te kom ná ’n on­der­soek deur die kom­mis­sie wat “wyd­ver­sprei­de en diep­ge­wor­tel­de nie­me­de­din­gen­de en sa­me­span­nen­de ge­drag in die mark vir meu­bel­ver­voer bloot­ge­lê het”. Die on­der­soek het in No­vem­ber 2010 be­gin.

Die on­der­soek het be­vind dat S­tut­ta­ford en sy me­de­din­gers van min­stens 2007 af saam­ge­span en dis­kre­te sa­me­span­nen­de oor­een­koms­te aan­ge­gaan het vir die ten­ders van meest­al staats­de­par­te­men­te.

Dit het be­hels dat skyn­kwo­ta­sies as deel van die ten­der­pro­ses in­ge­dien is.

Die maat­skap­pye het ’n oor­een­koms ge­had waar­vol­gens die een wat eer­ste ge­na­der is die twee­de kwo­ta­sie na­mens die klant by ’n me­de­din­ger sou kry. Die eer­ste maat­skap­py sou dan die prys uit­een­sit waar­teen sy me­de­din­ger ’n ten­der moes in­dien. Hy het dan ook sy me­de­din­ger ver­soek om sy kwo­ta­sie aan die klant te s­tuur. Dit is die so­ge­naam­de skyn­kwo­ta­sie.

Vol­gens die kom­mis­sie het al die maat­skap­pye – dit sluit in JH Re­tief Trans­port, Ca­pe Ex­press Re­mo­vals, Pa­trick Re­mo­vals en De Lan­ge Trans­port – wat met S­tut­ta­ford saam­ge­span het in­tus­sen ge­skik.

Die kom­mis­sie het in sy on­der­soek be­vind dat ’n al­ge­me­ne ver­eis­te in die be­dryf vir meu­bel­ver­voer is dat die ver­wy­de­ring van meu­bels van staats­amp­te­na­re min­stens t­wee kwo­ta­sies be­no­dig voor­dat die s­taat daar­voor sal be­taal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.