Luuk­se huis by die see

Beeld - - Veilings -

P­hil Min­naar Af­sla­ers bied op Sa­ter­dag 12 Au­gus­tus ’n vei­ling aan wat nie mis­ge­loop moet word nie.

Dié vei­lings­huis bring dan ’n eks­klu­sie­we dub­bel­ver­die­ping­huis in die be­ken­de Ca­rib­be­an E­sta­tes in Port Ed­ward met ’n prag­uit­sig op die In­die­se O­se­aan, ’n kloof en die Wil­de­kus-gholf­baan on­der die ha­mer.

Die huis het drie slaap­ka­mers en drie bad­ka­mers, en die hoof­slaap­ka­mer het ook ’n ja­cuz­zi. Ver­der is daar ’n oop­plan­sit­ka­mer/eet­ka­mer/kom­buis, ’n en­kel­mo­tor­huis en ’n prag­ti­ge tuin. Die to­ta­le groot­te van die erf is so­wat 730 m².

Die land­goed is so­wat t­wee uur se ry van Dur­ban en vyf mi­nu­te van die Wild Co­ast Sun. Toe­gang tot die land­goed word ver­kry via die R61. Die land­goed bied toe­gang tot die Um­tam­vu­na-na­tuur­re­ser­vaat, die strand en die Um­tam­vu­na­ri­vier aan die sui­de­kant met wa­ter­sport-, boot­lan­se­ring- en braai­ge­rie­we.

On­der die ge­rie­we op die land­goed tel ’n swem­bad­kom­pleks, ten­nis­ba­ne en ’n klein speel­plek vir kin­ders.

Die hui­di­ge ei­e­naars van deelen vol ti­tel ei­en­dom­me maak hul woon­stel­le en los­staan­de hui­se be­skik­baar vir va­kan­sie ver­hu­ring dwars­deur die jaar.

Die vei­ling word op 12 Au­gus­tus 11:00 op die per­seel ge­hou.

■ Vir meer in­lig­ting, be­soek www.ca­rib­be­a­ne­sta­tes.co.za of bel P­hil Min­naar Af­sla­ers by 012 343 3834.

Dié luuk­se drie­slaap­ka­mer­huis in Ca­rib­be­an E­sta­tes in Port Ed­ward word op 12 Au­gus­tus op ’n vei­ling ver­koop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.