Bram­ley bied be­leg­gings­kans

Beeld - - Veilings -

’n Ruim dub­bel­ver­die­ping­huis op ’n groot erf in die ge­ves­tig­de voor­stad Bram­ley in Jo­han­nes­burg-Noord, wat as ’n uit­ste­ken­de be­leg­gings ge­leent­heid be­stem­pel word, word vol­gen­de week deur Park Vil­la­ge Aucti­ons (PVA) op­ge­veil.

Jaco du Toit van PVA sê die ei­en­dom het die po­ten­si­aal om ’n aan­trek­li­ke op­brengs te ge­ne­reer vir die­ge­ne wat wil koop om te re­stou­reer.

Op die grond­vloer van die huis wat in Lin­den­weg ge­leë is, is ’n in­gangs­por­taal, ’n sit­ka­mer met ’n kag­gel, ’n TV­ka­mer, ’n kom­buis en ’n ont­haal­ka­mer. Op die boon­ste vloer is drie slaap­ka­mers, ’n ge­sins­bad­ka­mer en ’n bal­kon. Die huis het ook ’n was­ka­mer, ’n dub­bel­mo­tor­huis, huis wer­ker ver­blyf en’ n swem­bad. Die erf be­slaan 1 487 m².

Die huis met par­ket­vloe­re en so­lie­de hout­bal­ke be­no­dig lig­te op­knap­pings­werk, sê Du Toit. Dit maak dit ’n uit­ste­ken­de ge­leent­heid vir ko­pers wat óf ’n wins wil ge­ne­reer óf tot die ge­sog­te Bram­ley-ei­en­doms­mark, waar ei­en­dom in aan­vraag is, wil toe­tree.

Bram­ley is toe­gank­lik van die M1-hoof­weg en is ’n klip­gooi van die Mel­ro­se Ar­ch­ont­wik­ke­ling.

■ Die vei­ling is op 7 Au­gus­tus 11:00 op die per­seel en kan ’n uur voor die tyd be­sig­tig word. Meer in­lig­ting by www. park vil­la g e au ct i ons. co.za of 087 150 0521.

Dié ruim dub­bel­ver­die­ping­huis in Bram­ley het die po­ten­si­aal om ’n aan­trek­li­ke op­brengs te ge­ne­reer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.